Thursday 18 November 2010

Carlien Burger se eerste sukses

Carlien Burger wat vroeër vanjaar as risiko- en voldoeningsbestuurder (risk and compliance) by die Kouga-munisipaliteit aangestel is, het haar eerste sukses behaal.

Maandag het ‘n voormalige toesighouer van die munisipaliteit in die Port Elizabethse handelshof verskyn op aanklagte van diefstal by die munisipaliteit. Die bedrag beloop nagenoeg R863 400. (Berig heronder.)

Carlien het vanoggend bevestig dat dit die eerste hofsaak is wat voortspruit uit haar kantoor se werk.

Meer wou sy nie sê nie, omdat die saak sub judice is.

“Ons het al die prosesse gevolg. Daarna is dit aan die polisie oorhandig.

‘n Vroeëre berig oor Carlien se werk is te lees deur HIER te klik.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.