Monday 15 March 2010

Mag jy of mag jy nie?

Mag jy of mag jy nie jou munisipale belasting weerhou?

Tans is daar ‘n groot debat landwyd oor dié onderwerp.

Dis voor-die-handliggend dat die antwoord in die reg lê.

Prof Christopher Whittle, kenner van plaaslikeregeringbestuur aan die Tshwane-universiteit van Tegnologie, sê daar is geen voorsiening in munisipale wetgewing vir die onthouding van belastinggeld of vir alternatiewe regerings nie, selfs al word dienste nie gelewer nie. Al lewer inwoners ‘n diens uit noodweer, het hulle steeds ‘n burgerlike plig op dienstegeld en erfbelasting te betaal.

Gister in Rapport het ‘n ander dimensie na vore getree. (Klik HIER vir die volledige berig en besprekings.) Die strekking daarvan was soos volg:
  • JY MAG NIE, want dan oortree jy ‘n wet, omdat jy’n (plaaslike) regering wat demokraties verkies is, ondermyn. (Publieke Reg.)
  • JY MAG, want as iemand na jou belange moet omsien en hy nie sy verantwoordelikheid nakom nie, kan jy die geld gebruik om dit self te doen. (Privaatreg).
Daar is onder meer soos volg berig: “Die landdroshowe in Kroonstad en Phalaborwa het die afgelope week in twee afsonderlike sake munisipaliteite verbied om die water- en elektrisiteitsvoorsiening af te sny van inwoners wat hul erfbelasting weerhou. In albei sake het die howe ook bevind dat munisipaliteite geen geregtelike stappe mag doen nie waar grondeienaars met ’n munisipaliteit in ’n geskil is. Die howe het ook beveel dat stadsrade nie die water- en kragtoevoer mag afsny van belastingbetalers wie se erfbelasting agterstallig is nie.”
  • Mnr Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), sê dié “waterskeidingsuitsprake” toon dat die inwoners van die 24 dorpe landwyd wat hul munisipale gelde weerhou, rustig kan slaap omdat hul optrede wettig is. Adv. Paul Hoffmann SC, direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte, sê hy stem saam dat inwoners geregtig is om munisipale geld te weerhou wanneer hulle geen dienste ontvang nie. Die NBU beroep hom op die regsbeginsel dat wanneer iemand na iemand anders se belange moet omsien en nie sy verantwoordelikheid nakom nie, die party wat te na gekom word, die geld kan gebruik om dít te doen wat die ander party nalaat om self te doen, sê Hoffmann.
  • Mnr Len Dekker, ‘n kenner van munispale reg, antwoord hierop: die hofuitsprake ten gunste van belastingbetalers wat hul munisipale gelde weerhou, is gegrond in tegniese redes en nie in die verdienste van die saak nie. “In hofsake waar munisipaliteite die regte prosedures volg en belastingbetalers hul munisipale gelde weerhou, gaan belastingbetalers verloor,” waarsku Dekker.
Of wetgewing weerhouding toelaat of nie, hier kan ingewikkelde regsake ter sprake wees. Menings alleen hieroor sal nie die antwoord gee nie. Dit sal in ‘n hoë hof getoets moet word. Die tyd hiervoor het waarskynlik aangebreek.

3 comments:

  1. Ek lewer graag kommentaar.
    1. Die Belasting betalers weerhou nie om hulle belasting te betaal nie. Hulle betaal dit in 'n Trust fonds in.( Die belasting word dan nie aan die munisipaliteit betaal nie Maar in die fonds)
    2. Individu kan nie hulle belasting weerhou nie.Gemeenskappe of belastingbetalers vereningings kan dit doen na dat hulle in despuut met die plaaslike owerheid verklaar het en hulle in tydperk gegee is om die vereistes na te kom.
    3. Dink net so in bietjie vir jouself ,as dit onwettig was dat die 40 dorpe wat hulle geld weer hou en verenigings wat die munisipaliteite aan gevat het nie lankal voor die howe gewees het nie.Soos in elke gemeenskap het jy doem profete wat vertel wat met jou gaan gebeur as jy dit wel doen.Goeie voorbeeld laat die dief of moordenaar jou halfpag dood maak dan mag jy hom skiet anders gaan jy vir moord aangekla word.
    4. Groot gedeelte van die bevolking van Suid Afrika betaal in elk geval nie eiendomsbelasting nie.Hoekom word hulle nie hof toe geneem nie.
    5.Belasting weerhouding lê in die wil van die mense , wil hulle of wil hulle nie.
    Bennie du Preez

    ReplyDelete
  2. Die belastingbetalersvereniging het, ondanks die geregtelike stukrag, min se as hy nie substansieel verteenwoordigend is van die inwonerstal nie. Jeffreysbaai het die wonderlike voordeel dat daar honderde afgetrede, professionele mense is wat hul kennis en ondervinding aan die belastingbetalersvereniging kan gee maar dit om een of ander rede nie doen nie. Dis 'n groot jammerte! Waar le die fout? Miskien moet die bestuur hulle strategiee en bemarking herbekyk. Dit is in belang van die heil van ons dorp.

    ReplyDelete
  3. Ai, ek moet se, ek is so ingenome dat my vriendin my vertel het van julle blog. Daar is die interessantste gesprekke rondom sake van wesenlike belang vir ons ouens wat belangstel in ons dorp se sake. Wens net die plaaslike koerante wil bietjie by julle kom kersopsteek en soms (as dit in die haak is met julle) van hierdie berigte of kommentare plaas sodat die rekenaarongeletterdes ook ingelig kan wees.

    ReplyDelete

Please enter your comments here.