Saturday 13 March 2010

Meer beheer oor munisipale bestuurders beoog

Suid-Afrika se “Eurosentriese” Grondwet is die wortel van plaaslike owerhede se kwaad. Dit is geskik vir ontwikkelde lande waar plaaslike regerings gevorderd genoeg is om onafhanklik te funksioneer, maar nie vir Suid-Afrika nie, sê mnr. Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering.

Shiceka beoog nuwe wetgewing wat die beheer oor munisipale bestuurders op sy kop gaan draai. Een beplande nuwe maatreël is dat bestuurders by munisipaliteite sonder salaris geskors moet word weens korrupsie en bedrog. Klik hier om die berig in Beeld te lees.

Die wysigingswetsontwerp sal teen einde April gepubliseer word vir openbare kommentaar.

4 comments:

  1. Voeg Daad by Raad20 March 2010 at 11:29

    Ja....Ja....Ja....! Praat...Praat...Praat! Ons ken mos nou al die paaitaktiek, die wegplaas met geraas wat die regeringsamptenare gebruik om klagtes te omseil. Ek's bevrees al doepa wat daar is teen hierdie bedrog en korrupsie wat tans in ons munisipaliteite hoogty vier, is om in te gryp en self te bestuur. Die resep is vir ons gegee deur Sannieshof. Wat verhinder ons?

    ReplyDelete
  2. Die BBV het die rabat op plaasbelasting met die Munisipaliteit opgeneem. Hierdie rabat is nog nie in berekening gebring nie, tenspyte van die feit dat die boere die nodige aansoek vorms ingevul het. Die Munisipaliteit antwoord.
    We are aware that the farms must be visited and are attending to it as quickly as possible with the available staff. This is a enormous task and your patience is requested. We can assure you that no one will be prejudiced due to the delay.
    Hierdie waardasies het reeds op 1/7/2009 inwerking getree en nog het hulle nog nie in rat gekom nie

    ReplyDelete
  3. By die Algemenejaarvergadering van die BBV is die vraag gevra hoekom daar vir die oorspronklike aansluiting van die suigtenkstelsel en weer dieselfde bedrag vir die Spoeltoilet aansluiting betaal moet word.Die munisipaliteit antwoord so op ons skrywe.
    The Municipality charges separate fees for sewerage tanks and the water-borne system because different connections are needed to enable the Municipality to deliver the required service.

    ReplyDelete
  4. JBayRA supporter28 May 2010 at 03:45

    A while back, at a municipal budget meeting in the Newton Hall, a very irate lady complained about the outrageous practice of the council to supply their office workers every Friday, with meals bought from Kospot. The treasurer informed us that this money was taken from the "entertainment" budget which, if my memory is correct, amounts to R350,000! A quick mental calculation on the presumption that there are at least 50 meals bought per week, gives the total spent on food for office workers at R104,000 per year. Now that is Ratepayers money! Why did the Ratepayers Association committee members not take this up with the finance officer there and then and support this lady? I could not attend this meeting as we were out of town and only heard about this incident recently. By keeping quiet, you as much as gave your consent for this appalling practice to continue!

    ReplyDelete

Please enter your comments here.