Monday 21 June 2010

Geen belastingweerhouding

Our Times het op 18 Junie 2010 berig dat “ratepayers in the Kouga are considering withholding their rates following the breakdown in talks between various ratepayers’ associations and the Kouga Municipality.”

Hoewel die Jeffreysbaai-belastingvereniging (JBBV) nie genoeë neem met die Kouga-munisipaliteit se gebrek aan samewerking in verband met die aangeleenthede wat in die berig vermeld word nie, is dit belangrik om daarop te let dat die oproep om ‘n boikot-aksie van stapel te laat loop vanuit die geledere van die St. Francis Bay Ratepayers’ Association (SFBRA) kom en nie van óf die Federation of Kouga Ratepayers’ and Residents’ Associations (FEKRRA) óf die JBBV nie. Die JBBV kan nie sonder ‘n mandaat van sy lede ‘n belastingboikot steun nie, maar is wél bereid om op ander maniere druk op die munisipaliteit uit te oefen,

Die JBBV het oor die jare heen ‘n goeie verhouding met munisipale amptenare opgebou en verkry derhalwe goeie samewerking van hulle af. Die JBBV is ongeneë om hierdie vertrouensverhouding goedsmoeds in die weegskaal te plaas. -- Barry Vosloo, voorsitter.

2 comments:

  1. Geen Belasting weerhouding,wat se ander druk beoog die Belastingbetalersvereniging.Ek neem graag kennis daar van.
    Ek vra die vraag want die belastingbetalers gaan betaal vir die verhoging van belasting vir ,infrastruktuur wat besig is om te verkrummel .Ons betaal tans in bankrot bedryf,wat nie eers sy rekeninge kan betaal nie .Ek is jammer om dit te sê maar die Belastingbetalersvereniging het nie veel inspraak of verandering aan die huidige begroting aan gebring nie ,alhoewel ons baie te sê gehad het oor die wanbelans in die begroting.
    Die mense wat hier bly is egter ryk en kan betaal. Kom ons help die Munisipaliteit en verhoog die belasting met 30& dan sal die riool wat in die see loop dalk gesuiwer word.
    Bennie du Preez

    ReplyDelete
  2. Graag wil ek u daarop wys dat ek in die berig van 18 Junie, in Our Times, aangaande die weerhouding van belasting geensins aangedui het dat dit Fekkra is wat tot die stap wil oorgaan nie maar wel die St Francis Bay belasting betalers. Ek het selfs die toe voorsitter, mev Henda Thiart, aangehaal. Ek het wel in die Burger gelees dat dit Fekkra is. Dus wees verseker die Our Times plaas slegs en so ver moontlik die juiste feite. Groete Cindy Liebenberg (redakteur Our Times)

    ReplyDelete

Please enter your comments here.