Monday 14 June 2010

Ontbossing

Die BBV het op 31 Mei 2010 weer eens by die munisipale bestuurder navraag gedoen oor die ontbossing van die kloof tussen Poplar- en Bushwillowstraat. Daar was geen reaksie op ons vorige skrywe van 26 Januarie 2010 nie.

Die BBV het daarop gewys dat daar intussen helder oordag by die huis van die Stroebel-gesin ingebreek is terwyl mev. Stroebel tuis was. Dié huis grens aan die kloof. Dis nie bekend of sy beseer is nie. Die boewe is in die beboste kloof daar naby deur die SAPD vasgetrek waar hulle geskuil het.

Die munisipale bestuurder het op 8 Junie 2010 laat weet dat die munisipaliteit aanvanklik weens ‘n tekort aan geld gedurende die 2009/10-boekjaar nie aan ons versoek kon voldoen nie. Die aangeleentheid sal egter gedurende die 2010/11-boekjaar aandag geniet, aangesien geld vir ontbossing nou beskikbaar is. Die Direktoraat van Gemeenskapsdienste identifiseer tans die bosagtige gebiede wat voordeel sal trek. Die kloof tussen Poplar- en Bushwillowstraat is as ‘n prioriteit vir ontbossing geïdentifiseer.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.