Thursday 24 June 2010

Ons bestaan is geregverdig; ons grondwet word hersien

Daar is geen twyfel oor die bestaansreg van die Jeffreysbaaise belastingbetalersverenging (BBV) nie.

Dié gevolgtrekking is gemaak nadat die bestuur van die BBV vroeër vandeesweek ‘n werkwinkel gehou het oor die relevansie en toekomsrol van die BBV.

Die werkwinkel is gehou knap nadat Barry Vosloo as waarnemende voorsitter in die plek van die vorige voorsitter, Henda Thiart, verkies is. Sy het haar tot die aktiewe politiek gewend.

Inleidend tot die werkwinkel het Barry die doel daarvan soos volg opgesom: “Die kern daarvan is om te bepaal of die BBV nog ‘n rol het om te speel en, indien wel, wat die rol is. Voorheen was die BBV die onbetwiste spreekbuis van die belastingbetalers/inwoners van Jeffreysbaai. Met die koms van die wykskomiteestelsel, soos voorgeskryf deur die Municipal Systems Bill, is daar  nou ‘n ander speler op die speelveld wat die potensiaal het om die invloed van die BBV te ondermyn”.

Hierop het sekretaris Japie Bosch die doelstellings van die BBV en die wyskomitees kortliks uiteengesit. Hy het daarop gewys dat die grondwet van wykskomitees ‘n uitstekende dokument is. Dit bevat 15 duidelike doelstellings. Wykskomitees word as komitees van die stadsraad geag en val onder die beheer van die speaker van die stadsraad. Die BBV se doelstellings is, soos in sy grondwet vervat, wyd bewoord. Dit kom daarop neer dat hy die belange van die dorp se inwoners dien. (Die doelstellings is aan die einde van dié berig.)

Die komitee het die saak vir sowat ‘n uur en half gedebateer waarna Barry die bespreking soos volg opgesom het:

• Dat die BBV, vanweë sy onafhanklikheid en onverantwoorbaarheid aan ‘n ander gesagsliggaam, ‘n noodsaaklike en relevante rol vervul;
• Dat daar eenstemmigheid is dat die wykskomitees, vanweë hul gebondenheid aan die stadsraad, nie dieselfde suksesse as die BBV kan behaal nie;
• Dat selfs raadslede, vanweë die stadsraad (en moontlik hul politieke partye) se gedragskode waaraan hulle onderworpe is, nie met dieselfde intensiteit as die BBV standpunte inneem nie;
• Dat die missie en visie van die BBV duidelik geformuleer moet word;
• Dat die BBV se grondwet hersien moet word en
• Dat aanpassings in die BBV se werkwyse, voortspruitend uit die hersiene grondwet, by ‘n latere geleentheid oorweeg word.

Voortspruitend hieruit is die volgende besluite geneem:

• Dat die bestaansreg van die BBV opnuut bevestig word;
• Dat ‘n sub-komitee van die BBV die grondwet hersien;
• Dat die sub-komitee bestaan uit die Barry Vosloo, Japie Bosch en Henda Thiart;
• Dat die sub-komitee se vertrekpunt ‘n nuut-geformuleerde missie en visie is;
• Dat die sub-komitee kommentaar van bestuurslede aanvra, soos hy met sy werk vorder;
• Dat die BBV in Augustus 2010 ‘n buitengewone algemene vergadering hou waartydens lede onder meer ingelig word oor die uitkoms van hierdie vergadering en dat die grondwet in ‘n hersieningproses is.
• Dat die hersiene grondwet by ‘n latere vergadering van die bestuur oorweeg word;
• Dat, voortspruitend uit bogenoemde, die hersiene grondwet aan die volgende algemene jaarvergadering voorgehou word.

Doelstellings van die BBV

1. Om ‘n goeie gesindheid teenoor die Vereniging en samewerking tussen die inwoners van Jeffreysbaai en die Munisipaliteit Kouga (EC 108) aan te moedig en te bevorder;
2. Om die belange van sy lede daadwerklik te bevorder en in die algemeen oor die belange van die inwoners, met uitsluiting van godsddienstige en politiek
e belange, van Jeffreysbaai te waak;
3. Om met die Munisipaliteit Kouga (EC 108) oor enige aangeleentheid te skakel en behulpsaam te wees waar die Vereniging dit ag om in belang van sy lede en/of inwoners van Jeffreysbaai te wees; en
4. Om, indien dit wenslik geag word, kandidate wat lede van die Vereniging is vir verkiesing tot die Kouga Munisipaliteit (EC 108) te benoem. Sodanige benoeming geskied by ‘n Buitengewone Algemene Vergadering wat spesiaal vir die doel belê word.

Objectives of ward committees

1. To express the needs and concerns of the residents within the ward.
2. To identify development priorities within the ward.
3. To promote and facilitate interaction between the Council and the community in a particular ward.
4. To respond to the concerns of the residence within the ward.
5. Involve the residents in the ward in identifying and prioritizing needs.
6. Identify resources in the ward for meeting the development needs.
7. Promote accountability of the Municip ality to the residence of the ward.
8. Assist residents in the ward to request Municipal services, taking into account the financial capacity of the municipality and other development projects being executed within the other wards.
9. Participate in the development of their area;
10. To monitor Municipal programmes and services in its ward in line with the policies of the Council.
11. To foster good relations between the Council, community and all other sectors and institutions within the community.
12. To establish sub-committees as required to deal with issues such as health, transport, sports and education etc, and may for this purpose co-opt other persons from the ward with skills in particular relevant fields.
13. To assist in establishing programmes that would effectively deal with poverty, crime and aids,
14. Promote friendly relations between the residence in its ward, the Municipality and community organisations.
15. To deliberate on issues affecting the ward, and to take decisions through consensus that will be submitted by the chairperson to serve as recommendations before the Council.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.