Friday 11 June 2010

Nuwe wykskantoor in Wavecrest

Die munisipaliteit het ‘n netjiese en funksionele gebou langs die Wavecrest-begraafplaas in Maplesingel opgerig vir die gebruik van Wyk 3 se raadslid, dr. Nico Botha en sy wykskomitee sodat hulle meer toeganklik vir inwoners kan wees. Soortgelyke geriewe is tot die beskikking van alle wyke in die Kouga geskep. (Klik hier om meer te lees wat 'n wykskomitee behels:  spesifiek punt 13 tot 15.)

Dié gebou staan egter drie maande ná voltooiing steeds in onbruik. Selfs die verf aan die pilare begin al afdop. DAtanet het betroubaar verneem dat die munisipaliteit se geldsake só chaoties is dat daar nie binne die afsienbare toekoms fondse beskikbaar sal wees om ‘n telefoon te laat installeer of om meubels en toerusting te voorsien nie.

Intussen word die mense van die Kouga se belastinggeld deur die ANC-beheerde munisipaliteit wanbestee. -- Met erkenning aan DAtanet, mondstuk van die Demokratiese Alliansie, Jeffreysbaai-streek.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.