Friday 11 June 2010

Rondloperhonde in Noorsekloof

Nadat die BBV in Maart sy kommer uitgespreek het oor rondloper- honde wat die natuurlewe in die Noorsekloof bedreig, het die munisipale bestuurder laat weet dat die munisipaliteit natuurbewaring as ‘n saak van erns beskou. Hy het ook te kenne gegee dat hulle alles in die werk stel om ‘n oplossing vir die probleem te vind.  Klik hier en lees 'n vorige wat in hierdie blog verskyn het.

Daar het egter tot dusver niks daarvan gekom nie, met die gevolg dat
die BBV weer eens ‘n dringende versoek tot die munisipale bestuurder gerig het om aan die saak aandag te gee.

Op 8 Junie 2010 reageer die munisipale bestuurder soos volg: “The municipality’s Protection Services Manager will contact you by no later than June 11 to set up a meeting regarding the matter.”

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.