Saturday 12 June 2010

Onwettige plakkers naby dorp se waterbron

Die BBV het op 31 Mei 2010 sy kommer teenoor die munisipale bestuurder uitgespreek oor ‘n aantal onwettige plakkershutte wat naby Jeffreysbaai se boorgate opgerig is. Daar is geen toiletgeriewe nie en die vrees is uitgespreek dat een van die dorp se belangrike waterbronne besoedel sal word.

Die munisipale bestuurder het laat weet dat die munisipale wetstoepassingsbeampte die terrein besoek het en dat die hervestiging van die plakkersgesinne tans deur die Direktoraat van Beplanning en Ontwikkeling hanteer word.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.