Wednesday 7 April 2010

Die geskiedenis van Jeffreysbaai

Bert Behrens, 'n inwoner van Jeffreysbaai en die outeur van Old Jeffreys Bay –  Lest We Forget, het ‘n bondige oorsig van die geskiedenis van Jeffreysbaai sedert die jaar 1487 in die vorm van ‘n geskiedkundige kalender geskryf en goedgunstig vir plasing op hierdie blog beskikbaar gestel.

Het u byvoorbeeld geweet dat die eerste sake-ondereming in 1849 deur Joseph Avent Jeffrey op Jeffreysbaai tot stand gebring is? Of dat die eerste dorpsraad op 1 Oktober 1930 in die lewe geroep is? Of dat Jeffreysbaai eers op 3 Januarie 1968 ‘n munisipaliteit geword het?

Lees meer hieroor en ander betekenisvolle gebeurtenisse wat vorm gee aan die wordingsgeskiedenis van Jeffreysbaai. Klik op die Jbay History-skakel hierbo en siedaar!

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.