Friday 22 January 2010

Jeffreys se mense maak mooi.

Meegaande foto's bewys dat daar wél Jeffreysbaaiers is wat probeer om hulle omgewing netjies en mooi te hou. (Klik op 'n foto om dit te vergroot.)

Links: Die foto toon 'n serwituut wat Tamariskplein met Mimosalaan verbind. Die inwoners aan weerskante hou dit netjies, hoewel hulle soms 'n verlore stryd teen morsjorse voer.

Regs: Die Supertubes Foundation versorg dié park in Da Gamaweg.

Links: Die eienaars van eiendomme aan weers- kante van die serwituut wat Palmsingel en Noorse- kloofweg verbind, dra ook húlle deel by om hulle omgewing te versorg.

'n Paar jaar gelede het ek gesien dat die munisipaliteit hulle eenvoudig nie steur aan lang gras en rommel wat al drie plekke ontsier het nie. -- Barry Vosloo, komiteelid.

2 comments:

  1. Dankie Barry. Is daar ander inwoners met nog sulke voorbeelde?

    ReplyDelete
  2. RE: NOTIFICATION OF DRAFT BASIC ASSESMENT COMMENT PERIOD: PROPOSED CONSTRUCTION OF 2 WIND MONITORING MAST, ON THE FARM BROADLANDS AND FARM ZUURBRON, KOUGA MUNICIPAL AREA.
    PUBLIC VIEWING AT THE JEFFREYS BAY AND HUMANSDORP LIBRARIES, OR ON THEIR WEBSITE www.publicprocess.co.za, COMMENTS CAN BE SEND TO sandy@publicprocess.co.za

    ReplyDelete

Please enter your comments here.