Showing posts with label Inwoners. Show all posts
Showing posts with label Inwoners. Show all posts

Friday, 22 January 2010

Jeffreys se mense maak mooi.

Meegaande foto's bewys dat daar wél Jeffreysbaaiers is wat probeer om hulle omgewing netjies en mooi te hou. (Klik op 'n foto om dit te vergroot.)

Links: Die foto toon 'n serwituut wat Tamariskplein met Mimosalaan verbind. Die inwoners aan weerskante hou dit netjies, hoewel hulle soms 'n verlore stryd teen morsjorse voer.

Regs: Die Supertubes Foundation versorg dié park in Da Gamaweg.

Links: Die eienaars van eiendomme aan weers- kante van die serwituut wat Palmsingel en Noorse- kloofweg verbind, dra ook húlle deel by om hulle omgewing te versorg.

'n Paar jaar gelede het ek gesien dat die munisipaliteit hulle eenvoudig nie steur aan lang gras en rommel wat al drie plekke ontsier het nie. -- Barry Vosloo, komiteelid.