Friday 9 April 2010

Watervoorsiening uit boorgate

Voorsitter Henda Thiart het die munisipale bestuurder onlangs per brief meegedeel dat sy inligting ontvang het dat ten minste twee van die boorgate wat water aan ‘n gedeelte van Jeffreysbaai voorsien, tans nie werk nie. Die voerings is glo opgetrek en lê bogronds. Sy wou weet waarom dit so is.

Sy het ook gevra wanneer die munisipaliteit sal begin om addisionele boorgate te boor soos die burgemeester in sy jaarlikse rede vermeld het.

Die munisipale bestuurder het soos volg geantwoord: “A third of Jeffreys Bay’s water is supplied by boreholes. When a pump or pipe breaks, it is pulled up to be repaired. While Kouga has underground water, the supply is not limitless and it would be unwise to drill extra boreholes haphazardly. We will, therefore, first be conducting a study of our underground water before we start drilling extra boreholes.”

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.