Friday 16 April 2010

Rondloperhonde

Lede van die Jeffreysbaai-belastingbetalersvereniging wie se eiendomme aan die Noorsekloof grens, het tydens die algemene jaarvergadering van die vereniging op 25 Februarie hul ontsteltenis uitgespreek oor rondloperhonde wat in hulle omgewing jag maak op grysbokkies en duikertjies wat van die Noorsekloof-bewaringsgebied afkomstig is. Hulle het beweer dat die eienaars van dié honde in die omgewing woonagtig is.

Die vereniging het aan die munisipale bestuurder geskryf en verneem wat die munisipaliteit omtrent die saak kan doen.


Die munisipale bestuurder het gou reageer en bevestig dat die munisipaliteit die bewaring van Noorsekloof en sy dierelewe met groot erns bejeën. Hoewel hy toegegee het dat die munisipaliteit moeite ondervind om sy verordening wat inwoners verbied om toe te laat dat hulle troeteldiere los rondloop, af te dwing, het hy die munisipaliteit daartoe verbind om ‘n oplossing vir die probleem te vind. Hy het ‘n beroep op die vereniging gedoen om daarmee te help.

Intussen kan inwoners gerus met die munisipale wetstoepassingsbeampte (law enforcement officer) in verbinding tree indien hulle las het van troeteldiere wat nie deur hulle onbedagsame eienaars beheer word nie.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.