Wednesday 3 March 2010

Onstellende eienaardighede

Die finansiële state van Kouga se munsipaliteit vir 2008/2009 jaar toon onstellende eienaardighede. Sekretaris Gerrie Botes ontbloot 'n paar.

In dié state bevestig die munisipaliteit dat hy miljoen rande se “onreëlmatige” uitgawes aangegaan het, dat hy prestasiebonusse betaal het, terwyl hy vroeër ontken het dat hy dit gaan doen en dat hy boetes betaal het vir nugter weet waarvoor.

Hoor dié een: ‘n kwart miljoen is aan oortyd uitbetaal aan mense wat nie op oortyd geregtig is nie.

Só praat die state:
  1. ‘n Bylaag oor "irregular expenses" is skokkende leesstof. ‘n Totale bedrag van R35,6 miljoen is hieraan uitgegee;
  2. Ondanks ontkennings dat prestasiebonusse betaal sal word, toon die state dat 'n bedrag van R4.2 miljoen verlede jaar daaraan uitgegee is;
  3. ‘n Onstellende aantekening is dat 'n bedrag van R1.1 miljoen betaal is aan "Penalties", sonder enige verduideliking wat dit behels;
  4. Die state toon ook dat R238 527 aan OORTYD betaal is aan "employees not entitled to receive overtime".
  5. Onderstaande tabel skets ‘n verdere prentjie van:

Item2007/20082008/2009Styging
Uitstaande geld van inwonersR28,6 miljoenR42,4 miljoen48%
Salarisse en lone *R56,9 miljoenR71,8 miljoen26%
ToelaesR7,0 miljoenR9,4 miljoen32%
* Uitgesluit bydraes deur die munisipaliteit, oortyd, toelaes en subsidies.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.