Tuesday 23 November 2010

Werwingsvergadering

Die Jeffreysbaai-belastingbetalersvereniging hou op 20 Desember 2010 ‘n werwingsvergadering vir vakansiegangers wat eiendom in die dorp besit.

Die doel is om hierdie mense as lede van die vereniging te werf sodat hulle ‘n verbintenis het met ‘n organisasie wat ‘n oog oor munisipale sake in die dorp hou.  

Die vergadering begin om 19:00 by die Jeffreysbaai-tennisklub.
Inwoners kan gerus hul vriende met vakansiehuise solank hieroor inlig.

Lede van die vereniging is uiteraard welkom. So ook inwoners wat nie-lede is nie en wil aansluit.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.