Friday 21 May 2010

Minister jok glo oor kwalifikasie

Die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Sicelo Shiceka, beweer hy het ‘n meestersgraad. Hy het nie.  Die minister se portefeulje sluit plaaslike regering in.

Só het die Mail and Guardian Vrydag berig nadat dit aan die lig gekom het dat die minister glo fiktiewe inligting op sy CV geplaas het.

Op die minister se CV, wat op die departement se webtuiste beskikbaar is, beweer hy dat hy ‘n meestersgraad in politieke ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf het.

Shiceka se woordvoerder, mnr. Vuyelwa Qinga Vika, het op navraag gesê dat die minister steeds besig is met sy meestersgraad en dat hy nog sekere modules het om te voltooi.

Volgens ‘n woordvoerder van die universiteit was Shicka vanaf 2004 tot 2005 by die universiteit geregistreer maar het hy nooit sy graad voltooi nie. -- Beeld, 21 Mei 2010.

1 comment:

  1. Ja, en die grap is by enige organisasie met integriteit sou hy onmiddelik afgedank gewees het. Ongelukkig is ons maar te gewoond aan die ANC wat kamtig praat oor korrupsie ens, maar nooit enige stappe teen enigiemand van "hulle binnekring" doen nie. Geen wonder die land is op die pad wat hy wel is nie - met sulke "leiers" salons geen probleme he om oor die afgrond te stort nie!

    ReplyDelete

Please enter your comments here.