Saturday 29 May 2010

Afbakening van nuwe munisipale kiesdistrikte

Die afbakening van nuwe munisipale kiesdistrikte met die oog op die 2011 munisipale verkiesing, is tans op dreef en behoort teen Oktober 2010 afgehandel te wees.

Die afbakening van nuwe munisipale kiesdistrikte word landwyd deur die Munisipale Afbakeningsraad hanteer. Die tradisionele grense van Jeffreysbaai (waaronder Mondplaas) sal na verwagting vyf kiesdistrikte insluit, te wete
  • Wyk 2 (Pellsrus);
  • Wyk 3 (Kabeljouws en Wavecrest tussen A D Keetstraat en die see);
  • Wyk 8 (die res van Wavecrest, Eedenglen en Mondplaas);
  • Wyk 11 (Ou Dorp en C-plek) en 
  • Wyk 14 (Paradysstrand, Astonbaai, Tokyo Sexwale en Ocean View).
Een van die gevolge van die afbakeningsproses sal wees dat baie kiesers in ander kiesdistrikte sal moet herregistreer. Alles sal egter in die werk gestel word om kiesers hiermee te help. Hou die plaaslike nuusblaaie dop.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.