Tuesday 4 May 2010

Só gaan u meer betaal

Die Kouga munisipaliteit se begroting van digby R490 miljoen vir 2010/11 moet op 31 Mei 2010 goedgekeur word.

Op 3 Mei het amptenare met inwoners van wyk 3 in die Newtonsaal vergader waartydens beginsels van die begroting verduidelik is. Insette is van die inwoners gevra. Hiertydens is die verhoging in eiendomsbelasting en ander huishoudelike munisipale tariewe bekendgemaak. Die tree op 1 Junie 2010 in werking. Die beoogde stygings is soos volg:

DIENS%-Styging
Eiendomsbelasting6
Elektrisiteit28,9
Water5,7
Vullisverwydering5,7
Omgewingsbestuursfooi (OBF)5,7
Rioolafvoer *Tussen 0 -- 100

*  ‘n Nuwe stelsel waarmee die tarief vir rioolafvoer bereken word, tree in werking. Dié tarief sal aan die  waterverbruik koppel. Hoe meer water verbruik word, hoe meer sal inwoners vir rioolafvoer betaal. Dit blyk dat die meeste verbruikers minder vir dié diens sal betaal. Verbruikers wat meer as 20 kiloliter per maand verbruik, sal meer as 100 persent meer betaal.
  • Amptenare is met vrae van die teenwoordiges oorval. Die belastingbetalersvereniging (BBV) is deur drie van sy bestuurslede verteenwoordig. Hul vrae en vertolking van die begroting sal in ‘n volgende berig verskyn.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.