Wednesday 5 May 2010

Kwelvrae oor Kouga-begroting

Kwelvrae is oor die Kouga-munsipaliteit se voorgestelde begroting vir 2010/2011 tydens 'n openbare vergadering op Maandagaand, 3 Mei 2010, in die Newtonsaal gevra. Die vergadering was vir wyk 3 se inwoners belê. Soorgelyke vergaderings sal vir ander wyke gehou word.

Die doel was dat inwoners insette moes lewer oor die begroting wat op 3 Mei 2010 deur die stadsraad goedgekeur moet word. Dit beloop amper R490 miljoen. 'n Aantal senior amptenare, waaronder die munsipale bestuurder, was teenwoordig, maar alle vrae is deur die hooffinasiële beampte beantwoord.

Die vereniging se sekretaris, Gerrie Botes, het die begroting met 'n fynkam deurgegaan en 'n reeks vrae gevra en sy bekommernis oor verskeie sake uitgespreek. Barry Vosloo het ook 'n aantal vrae namens die vereniging gevra.


Gerrie Botes se vrae en kwellings was:

• Personeelkoste het die laaste paar jaar aansienlik gestyg.
- In 2008/2009 was R97.5 miljoen begroot en het dit op R107.6 miljoen gëeindig.
- In 2009/2010 was dit R121.9 miljoen en
- In 2010/2011 word vir R142.8 miljoen begroot (dit sluit nie die personeelkoste van R3.9 miljoen onder Algemene Uitgawes in nie.) Dit laat ons met personeelkoste wat 40 persent van totale koste uitmaak, wat die norm van 33 persent drasties oorskry. Hoekom is dit so hoog?

• Dis kommerwekkend om te sien dat die finansiële afdeling se personeeluitgawes verreweg die grootste van alle afdelings is, naamlik 13,5 persent. Dit kom vreemd voor. Waarom begroot dié afdeling wat ‘n ondersteunende rol moet speel, vir oortyd van R231 600?

• Is die volgende werklik geregverdig?
- Nie minder nie as R880 000 word vir prestasiebonusse begroot;
- Altesame R7,3 miljoen word vir vervoertoelaes begroot en
- Die begrote uitgawe vir konsultante beloop R2,85 miljoen vir 2011.

• “Algemene Uitgawes” wat oorbegroot voorkom, is:
- Kongresse en afgevaardigdes: R299 203;
- Sprtdag vir werknemers: R160 000;
- Openbare spyseniering: R300 000;
- Regsuitgawes: R1.7 miljoen begroot;
- Opening van die raad: R80 000;
- Omkeerprogram: R2 miljoen;
- Internasionale betrekkinge: R275 000;
- Onderwys: R500 000;
- Spesiale Sosiale Ontwikkelingsprojekte: R1.450 miljoen en
- Die uitgawes van die Burgemeester: R1.43 miljoen.

• Herstel- en onderhoudskoste: die begroting toon dat slegs 8.2 persent van die uitgawe hiervoor begroot word. Dit blyk te min te wees gegewe die toestand van ons paaie en ander infrastruktuur. ‘n Toewysing van 10 tot 12 persent sou redeliker wees.

• Besteding aan kapitaal bly ‘n probleem vir die stadraad.
- In 2007is slegs 27 persent van die kapitaalbegroting bestee;
- In 2008 was 34 persent beste;
- In 2009 was dit 41 persent.
- Die syfer vir 2010 tot datum is nie bekend nie.
Dis kommerwekkend dat die projekte nie uitgevoer word nie.

• Ons wag ook, ná hoeveel beloftes, steeds dat aandag gegee word aan
- Die beloofde oorlaaistasie wat beklemtoon is met die instel van die Omgewingsbestuursfonds (OBF) waarvoor inwoners elke maand R27 betaal;
- Die stormwaterdreinering by Kabeljauws en
- Die uitfassering van suigputte.

Barry Vosloo se vrae en standpunte was:

• Verlede jaar het ek verneem dat die befondsing van biblioteke ‘n provinsiale aangeleentheid is. Ek het egter daarop gewys dat
- die provinsie nie sy taak na behore uitvoer nie en
- dat die belastingbetaler nie met sy arms gevou kan sit terwyl ‘n leeskultuur by ons kinders ondermyn word nie. My pleidooi het nie op dowe ore geval nie, want ‘n bedrag van R109 752 is begroot vir die aankoop van biblioteekboeke. Ek het egter verneem dat die begroting vir 2010/2011 voorsiening maak vir slegs R34 752, dit wil sê sowat R3 159 vir 21 boeke per biblioteek. Ek en my mede-belastingbetalers dink ons kinders verdien beter. Die munisipaliteit word dus versoek om die toewysing vir 2010/2011 net 10% te verhoog na R121 000.

• Volgens die 2010/2011- begroting word ‘n bedrag van R500 000 aan onderwys toegewys. As ‘n oud-onderwyser laat dit my hart warm klop. Ek sou egter graag wou weet in water opsig die onderwys hierby sal baat.

• Verlede Desember het ‘n jong vriend by ons blouvlag-hoofstrand verdrink nadat hy oënskynlyk deur ‘n waterponie (jetski) getref is. Vóór en ná hom was daar nóg verdrinkings by dieselfde strand. Dink ons munisipale owerhede dat ons strande in 2010/2011 veiliger sal wees indien hulle die begrote bedrag vir “lewensrweddingsdienste” van R300 000 na R100 000 verminder?

• ‘n Plaaslike koerant het op 29 April berig dat die Departement van Koöperatiewe Regering en Tradisionele Sake aan die munisipaliteit ‘n “A” toegeken het na ‘n “tough and intensive survey”. Dié opname vorm glo deel van die department se plaaslike regering-omdraaistrategie. Groot gewag is ook gemaak van die department se bevinding dat die direktoraat van finansies 4.6 uit ‘n moontlik 5 punte behaal het. Hoe geloofwaardig is hierdie opname in die lig daarvan dat
- die munisipaliteit verlede jaar ‘n gekwalifiseerde oudit van die ouditeur-generaal ontvang het,
- die belastingbetaler se bedenkinge het oor die hantering van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters en
- daar ander oënskynlike ongerymdhede is?

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.