Tuesday 19 January 2010

Sê u sê

Het u iets op die hart oor 'n munisipale saak in Jeffreysbaai? Publiseer dit hier vir almal om te weet.

Vertel ons daarvan. Laat almal wat hierdie webtuiste lees dit sien.

Die woord sal verder versprei.Wat is u ervarings van die munisipaliteit? Wat sien u gaan verkeerd? Het u 'n voorstel oor 'n munisipale saak? Wat het dringend aandag nodig? Hoe voel u oor die sake wat hier aangeroer word? Het u 'n vraag aan u raadslid of die belastingbetalersvereniging? Waaroor benodig u inligting?
    Daar is twee maniere om dit te doen.
    • U kan HEELONDER  u (kort) mening gee oor enigiets rakende munisipale sake in Jeffreysbaai. Dis ons eie "Speakers' Corner". Wat u hier skryf, is binne enkele sekondes daar vir almal wat hier kom kyk, om te lees. Hoe meer ons hier gesels, hoe beter insig kry ons almal. Afhangend wat hier verskyn, sal die vereniging besluit hoe om te reageer. 
    OF

    •  Stuur 'n brief in die vorm van 'n epos. Stuur ook 'n verwante foto saam asook een van uself as u wil. Dis verkieslik. U epos sal, as dit nodig is, geredigeer word en op die webtuiste geplaas word. Klik hier en skryf sommer nou.  

      16 comments:

      1. Geagte Jeffreysbaaier,
        Jeffreysbaai het van paradys vir afgetreedes ,wat bekostigbare lewensstyl gebied het tot 'n duur en onbekostigbare hool geword.Die water en riool netwerke is so verouderd dat miljoene Rande gaan kos om te herstel,saam met onbevoegde amptenare,wat net geen sin het vir dienslewering,geen verantwoordbaarheid of waarde van geld besef nie.is ons oppad na 'n afgrond.Aanvaar ons dit of gaan ons iets doen.
        dupreezbennie@gmail.com

        ReplyDelete
      2. Shame on you, Mr Municipal Manager. I went to the library last week and found one of your cleaners sweeping the stoep with a broom that had 2cm bristles maximum. She told me that you had no money to buy her a new broom! New brooms sweep clean.

        Inside the Library the aircon has not been working since the summer started. All they had was a very old, rusty, creaky, fan that can barely turn, never mind give a bit of cool air.

        I would like to see your office. Is it in equally bad condition? Is it just as badly managed?

        A Manager must manage. And that includes the smaller items such as brooms. Maintenance of precious assets such as libraries were put in YOUR care. Please do something.

        BETTY BRESLER

        ReplyDelete
      3. Die Kouga Munisipaliteit het in Desember 2009 aan Eskom R0,4 miljoen geskuld wat hulle nie kon betaal nie.

        Persone in Wavecrest is twee keer vir rioolaansluitingsfooie aangeslaan. Mense het gedwee maar betaal. n Bedrag van R1 317 elk. Skakel my as jy een is. 083/399-9075.

        Die vraag is wat doen ek en jy daaromtrent.
        Gaan ons bande brand in die straat of gaan ons op hou om te betaal. Moeg om ons geld in n bodemlose put te stort. Bennie

        ReplyDelete
      4. Council must be commended for the study grants awarded to deserving students during the past financial year as well as its intention to do so again this year. However, ratepayers require the assurance that beneficiaries are chosen in terms of council-approved criteria that are applied by a council-approved committee. Does this happen?

        ReplyDelete
      5. Het Munisipale werkers geen drag kode nie.Werkers wat meer as R30 000.00 per maand verdien is aangetrek soos werkers wat die gebou skoon maak.Ek weet die ANC kaders is Afrikane en hulle trek T-hemde aan as mode.Besoek gerus een van die Munisipale Kantore en kyk hoe ontspanne die manne en vroue aangetrek is.Die mense is almal op vakansie ,geen wonder hulle werk nie.Mens werk mos nie as jy op vakansie is nie.
        Ek was vandag in die industriele gebied van Humansdorp ,die grond strate was 'n so in toestand dat ek geglo het man sal as ek daar wil werk vir my 'n Trekker of 4trek voertuig sal moet aanskaf.Dan sê die Regering en koerante dat ons moet te vrede wees.
        Bennie du Preez.

        ReplyDelete
      6. Wat het geword van die "mini dump" wat jare terug belowe is toe die een verwyder is.WANNER? Daar word 'n EMF/OBF heffing van belastingbetalers verhaal wat op R25 begin het en tans R27 beloop(BTW ingesluit)om 'n nuwe stortingsterrein te ontwikkel. Hoeveel is al ge-in, waar word dit aangeteken,wanneer gaan dit aangewend word vir die be-oogde doel, of word dit gebruik om bogrotings te laat klop of aangewend om onthale te finansier?
        Gert

        ReplyDelete
      7. In antwoord op Gert se briefie die volgende. Ek haal aan die antwoord wat ek van die munisipaliteit gekry het: "It is agreed that the categories might not have been determined with sufficient sensitivity and to this end the council has acknowledged a shortcoming. A service provider has been retained to do a full investigation into the question of categories and charges. Once the report and recomendations are received the document will first be submitted to council and thereafter made available for public scrutiny and participation before a final decision is taken thereon by the council. Steps are in hand for the recovery of unpaid amounts. This was unfortunately complicated by virtue of this levy not having been accounted for separately during the 2008/09 financial year." Met ander woorde hierdie heffing het gekom om te bly.

        ReplyDelete
      8. Navrae van BBV lid by die Algemene jaarvergadering insake die basiesetarief wat ook met 31% verhoog is toe die tariewe aangepas is. Ons verwar dikwels die Beskikbaarheidsfooi wat 'n kapitale uitgawe is om kabels ens te voorsien en die basiese tarief wat in elk geval betaal moet word al gebruik ons geen elektrisiteit nie. Vra indien daar nog onduidelikheid is.

        ReplyDelete
      9. Aflaai van tuinvullis by Paradysstrand.
        Antwoord van die Munisipaliteit ontvang
        Garden refuse is an income item on the annual budget, and residents are charged an additional tariff if the Municipality collects their garden refuse. Should residents wish to club together and use one vehicle to dispose of various household's garden refuse kindly contact Eksteen de Lange at 042-2951155 to make the necessary arrangements.

        ReplyDelete
      10. Wow! This website is truly going from strength to strength! It's a better read than both our local newspapers thrown together. Well done, Mr. Website Manager!

        ReplyDelete
      11. I've been reading through the comments and noticed that several requests have been made for making the JBay public aware of our excellent JBRA website. The first one was placed in January! A few more followed. Should you not create a Marketing Portfolio on the management team to handle this matter? Truly, you are throwing pearls to swines by ignoring the requests placed on the website (I see you're calling it a blog). You should appreciate the fact that these are people who are interested in the project and in keeping it alive. Please respond and react.

        ReplyDelete
      12. Hallo Deoni. Laat weet my asseblief van jou kontakbesonderhede. Dit sal makliker wees om persoonlik met jou te praat. Klik op CONTACT US heelbo vir my en ander bestuurslede se besonderhede.

        ReplyDelete
      13. Produktiwiteit van Munisipale werkers

        Vir bykans 2 jaar wik en weeg ek al om die situasie wat ek hieronder gaan beskryf aan die "groot klok" te hang.

        Hier in Kabeljous is 2 openbare(publieke) toiletgeboue,wat terloops baie verouderd en in 'n werklike vieslike stadium van verval is.

        Beide toilette se vloer oppervlakte is ongeveer 12 vierkante meter elk.
        Die 2 toilette word 7 dae per week deur 'n Munisipale "werker" (1 "werker" elk per toilet)skoongemaak.Die skoonmaak takie kan maksimum 30 minute se produktiwiteit verg.
        Die "werkers" word daagliks om ongeveer 08:30 daar afgelaai en smiddae om 15:30 weer opgelaai.Die toilette word om 15:30 gesluit.

        Die vraag wat in my gemoed onstaan en wat my bloed laat kook is "wat doen die "werker" die res van die dag"?
        Wel,sit in die son,dit is wat waargeneem is en wat gebeur.
        Kan ons as belastingbetalers toelaat dat hierdie toedrag van sake so aangaan en wat kan ons daaraan doen?

        Ek is seker dat die situasie nie uniek aan Kabeljous is nie,maar dat dit die tendens in die res van die Kouga is.

        Komaan mense,kom ons kry die Kouga Munisipaliteit voor stok want dit is immers ons wat vir die sonsitters betaal!

        ReplyDelete
      14. Ek was die naweek in johannes burg by famielie en het iets intressant uitgevind. Hulle erf is 1600 vierkant n meter het n 5 slaapkamer huis en het n gaste eenslaapkamer woonstel. hulle het 3 warmwater toestelle en hulle is 7 mense wat op die perseel woon hulle totale munisipale rekening belasting ingesluit R1600.00 ek en my vrou woon op jeffreys my toilet word gesuig en ons het n 3 slaapkamer spek huisie met een geyser. ons rekening met belasting R1360.00 hoe de v@k werk dit.

        ReplyDelete
      15. Ek kan net nie die "rioolbelasting" verstaan wat ons nou meer belas word nie - hoe op deuse aarde kan die gekoppel word aan die huishoudelike gebruik - staan Jeffreysbaai inwoners dag in en dag uit en spoel hulle toilette vir die klank daarvan of is dit net nog 'n manier om geld uit die inwoners te maak vir die bodemlose uitgawes van die Stadsraadlede.

        ReplyDelete
      16. Wat is die amptelike syfers ten opsigte van die verskillende bevolkingsgroepe indiens van die Kouga Munisipaliteit?
        Werkgewers moet jaarliks 'n opgawe aan die Dept van Arbeid indien wat dit weerspieël,so die verslag behoort beskikbaar te wees,en is nie 'n vertroulike dokument nie.Dit behoort interresante leesstof uit te maak!
        Ek wil my verstout om te sê dat die Blanke bevolkingsgroep vêr,baie vêr onder verteenwoordig is.

        ReplyDelete

      Please enter your comments here.