Friday 7 January 2011

Vreemde verskynsel: 'n junior amptenaar repudieer 'n senior politikus

Onderstaande is deur die vereniging aan die Our Times voorsien. 
Dit het op 6 Januarie 2011 verskyn.

Dis ‘n vreemde verskynsel dat die woordvoerder van die Kouga-munisipaliteit, Laura-Leigh Randall, ‘n LUR van die Oos-Kaap repudieer, sê dr Barry Vosloo, die voorsitter van die Jeffreysbaai-belastingbetalersvereniging.

Hy het verwys na sy onlangse kritiek toe mnr Robbie Dennis, die uitvoerende burgemeester, en me Magdalene Dlomo, die speaker, laat by ‘n vergadering van mnr Sicelo Gqobana, die vorige Oos-Kaapse Minister van Plaaslike Regering en Tradisionele Sake, in Humansdorp opgedaag het. Dr Eddie Rankwana, die munisipale bestuurder en mnr Ridwaan Abdullah, die hoofffinasiële beampte, het nie opgedaag nie.

Tydens die vergadering het Gqobana daarop gewys dat hy en 12 van sy senior ampternare van Bisho af gery om ‘n vergadering met belastingbetaler- en inwonersverenigings, raadslede en amptenare van Kouga in Humansdorp by te woon. Hy is met ‘n teleurstelling begroet.

‘n Dag ná die vergadering het die vereniging op sy blog berig dat Gqobana soos volg gereageer het: “Hierdie vergadering was geskeduleer. Ek en my top-amptenare het ‘n dag afgeneem om hier te wees. Die munisipale bestuurder en die hooffinansiële beampte moes hier gewees het. Die burgemeester moes hulle so beveel het. Per slot van sake is hy die uitvoerende burgemeester. Dit is ‘n ernstige belediging wat ek vandag ervaar het. Dit het nog nooit tevore gebeur dat ‘n munisipale bestuurder nie opdaag by ‘n vergadering van hierdie aard nie. Ons sal verder hieraan aandag gee.”

Nou het Randall verklaar dat die belastingbetalersvereniging “duidelik nie bewus was van die aanloop tot die vergadering nie.” Volgens haar die munisipaliteit die uitnodiging slegs die vorige dag ontvang. Dis 'n vreemde stelling aangesien alle ander rolspelers 'n week vantevore deur die LUR van die vergadering op 27 November in kennis gestel is. Die amptenare het toe reeds ander afsprake gehad wat nie geherskuduleer kon word nie, sê sy in ‘n onlangs berig indie Our Times.

Dennis het ná sy aankoms by die vergadering ook dié verskoning voorgehou.

Vosloo wys daarop dat dit Gqobana erg ontstig het. Laasgenoemde het Dennis se redes as “disrespekvol” bestempel.

“Dis duidelik dat die munsipaliteit ‘n wanindruk oor hierdie saak na buite skep om hulself ‘n verleentheid te spaar,” sê Vosloo.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.