Monday 31 January 2011

Geen verdraagsaamheid teen korrupsie, sê Manuel

Onderstaande teregwysing geld vir die Kouga-munisipaliteit ook.

Die ANC tree op asof hy vergeet het hoekom hy die land regeer, het mnr. Trevor Manuel, minister van nasionale beplanning, gister gesê.

Hy het ANC-lede en die regering aangespoor om geen verdraagsaamheid jeens korrupsie te toon nie, berig Sapa via Beeld.


“Ons kan nie toelaat dat mense net doen wat hulle wil nie?... Ons moenie skouers optrek oor korrupsie nie; dit is verkeerd, dit is om die armes te beroof,” het Manuel op die gedenkdiens vir die struggle-veteraan mnr. Johnny Issel in Crosby, Johannesburg, gesê.

Me. Jessie Duarte, gewese hoof van operasies in die presidensie, het ook ’n beroep op ANC-lede gedoen om dié party se “gloriedae” te laat herleef.

“Die tyd het gekom om te verstaan dat ons nie mense kan marginaliseer en dan verwag hulle moenie reageer nie.

“Dit is tyd om terug te gaan na die mense op voetsoolvlak en vas te stel wat hul probleme is,” het sy gesê.

1 comment:

  1. Ka Ka Ka die stelers is deur die hele spul. Ophou steel!!!! Ka Ka Ka Tell the sun not to shine!!! 'n Boef bly 'n boef en ongelukkig bevestig ANC optrede die stereotipering wat geslagte lank van hulle bestaan.Diefstal,bedel,breek,luiheid,verteer waarvoor hulle nie gewerk het nie.Dit is al eeue so.

    ReplyDelete

Please enter your comments here.