Thursday 2 December 2010

Dis nie iets om oor te spog nie, Kouga

Gister is berig dat die Kouga-munisipaliteit eerste plek op die Munisipale Produktiwiteitsindeks in die Oos-Kaap beklee en 30ste on die land, metrorade uitgesluit. Die berig verskyn onder hierdie een.

Hieronder is vier menings daaroor.

Japie Bosch, sekretaris van die vereniging:

Dit sê nie veel vir plaaslike regering in Suid-Afrika as die hoogste punt wat aan ‘n munisipale raad (George) slegs 59,6% is nie. Dis 'n swak rapport.  Daarom het die Kouga-munisipaliteit met sy 53,1% nie iets om oor te kraai nie.

Altesame 46,9 % van Kouga se produktiwiteit en werk het nie die toets geslaag het nie. Dit beteken dat hy byna die helfte van sy werk nie doen of nie reg doen nie. Hoeveel verkwiste miljoene rande verteenwoordig dit?

O, weë vir die dorpe waar dit vrotter gaan.

Dog, gee Kouga die krediet dat hulle darem die beste van die slegte in die Oos-Kaap is.

Dit kom voor of die maatskappy wat die opname gedoen het, geloofwaardig is. Sy bevindinge is landwyd in die media gerapporteer. Hy het alle rade oor dieselfde kam geskeer.

Joe Oosthuizen, Chairman of the Federation of Ratepayers' and Residents' Associations in Kouga (FEKRRA):

1. The criteria used to judge the municipalities are not ones that ratepayers would necessarily choose. The ratings would have to be skewed towards service delivery.
2. None of the municipalities score very high.
3. Oudtshoorn, which is, reportedly, in a very bad shape, ranks 8 places higher than Kouga.
4. Most of these criteria are influenced by the size of the municipality. According to the Department of Local Government and Traditional Affairs, the Metros and larger municipalities are far more likely to succeed.

It does not take much to be the best municipality in the Eastern Cape as this province is right at the bottom of the pile. I would never brag because I was the top student in the Eastern Cape-Class!

Gustav Barnard, bestuurskomiteelid van die vereniging:
 
Al punt wat behoort te tel, is volpunte.

Barry Vosloo, voorsitter van die vereniging:

As Municipal IQ 'n geloofwaardige organisasie is wat geloofwaardige uitsprake maak, het ons geen keuse as om ons munisipaliteit geluk te wens nie. Die probleem is egter: hoe geloofwaardig kán hulle en hulle bevindings m.b.t. die Kouga-munisipaliteit wees as hulle nie eens die vereniging se mening getoets het nie?

1 comment:

  1. Hipoteties behoort ons wat vir dienste betaal n terugbetaling van 46.9% te kry.Die leemte wat ek sien is dat dienslewering teen wereldklas standaard net n horison te ver is vir die huidige amptery. Bestuurstelsel is nie op standaard vlak nie daarom is onderprestasie aanvaarbaar " best of the worst" Johan

    ReplyDelete

Please enter your comments here.