Friday 10 December 2010

Nog geen besluit oor minder munisipaliteite

Daar is nog geen finale besluit geneem oor die afskaffing van swak munisipaliteite regoor die lande nie, het mnr. Sicelo Shiceka, minister van samewerkende regering, Dinsdag gesê.

Hoewel sommige provinsies “haastig” is dat die proses moet plaasvind, het Shiceka gesê die besluit sal gegrond wees op verslae wat na verwagting in Januarie ingedien sal word. Dit sal aandui watter munisipaliteite gaan wegval, berig Sapa via Sake24.

“Ons kan nie munisipaliteite afskaf voor die plaaslike regeringverkiesings (volgende jaar) nie,” het Shiceka gesê.

Hy het sy departement se plan om die stelsel “skoon te maak” voor 2014 weer beklemtoon.

“Suid-Afrika sal dan nuwe munisipaliteite hê.”

Intussen het Shiceka gesê die departement het meer as 30 wette en 350 voorwaardes in die Munisipaledienstewet geïdentifiseer wat geskrap gaan word, aangesien dit dienslewering belemmer. - Sapa

1 comment:

  1. Praatjies,praatjies. Die ANC se koppe en hul monde werk oortyd. Sommige praatjies klink of dit meriete mag he,maar die brein-hand senubaan is kongenitaal afwesig. Die resultaat is totale aksie onvermoee.Die ANC kan vergelyk word met 'n pappegaai----alles praatjies.

    ReplyDelete

Please enter your comments here.