Sunday 31 October 2010

Oorlog verklaar teen korrupsie

Daar behoort in die volgende drie tot vier maande vaste planne te wees vir die regering se hernieude geveg teen korrupsie.

Mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, het Vrydag aan Sake24 gesê daar is reeds aankondigings gedoen en dat planne vir die vervolging van oortreders en boetes vir amptenare en sakelui binnekort gereed sal wees, berig Sake24.

Gordhan het Woensdag in sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk skerp teen bedrog, korrupsie en wanadministrasie uitgevaar en vyf inisiatiewe vir die geveg teen bedrog en korrupsie aangekondig.

“Ons praat darem openlik daaroor. Ons erken dit is ’n uitdaging en ons wil eerlik wees met die publiek. Die belangrike ding is dat ons nie met ons arms gevou sit nie en dat ons daadwerklike stappe doen om die maatreëls wat ons teen korrupsie kan gebruik, te verbeter.”

  • Hoop Kouga-munisipaliteit se arms is ook nie gevou nie en dat hy ook daadwerklike stappe doen om die maatreëls wat hy teen korrupsie kan gebruik, verbeter.
  • No comments:

    Post a Comment

    Please enter your comments here.