Monday 4 October 2010

Kontak my oor swak diens -- voorsitter

Voorsitter dr Barry Vosloo skryf:  Tydens 'n algemene vergadering van die Jeffreysbaai-belastingbetalersvereniging op 29 September 2010 het een ding soos 'n paal bo water gestaan: ons lede is keelvol vir die swak diens wat hulle van sekere amptenare van die Kouga Munisipaliteit ontvang.

Wat hulle irritasie vergerger is die feit dat húlle daardie einste munisipale amptenare se buitensporige salarisse betaal.

Lede is veral vies omdat hulle dikwels 'n paar keer met die amptenare in verbinding moet tree en dat hulle navrae/versoeke dan óf geïgnoreer word óf dat dit té lank duur voordat daarop gerageer word.

Lede van die Jeffreysbaai-belastingbetalersvereniging word uitgenooi om hulle klagtes skriftelik aan my te stuur sodat die vereniging dit met die munisipale bestuurder kan opneem.
  • My e-posadres is vosloobj@telkomsa.net
  • U kan my ook per slakkepos by Posbus 436, Jeffreysbaai 6330, bereik.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.