Thursday 17 February 2011

Voorsitter, sekretaris en tesourier gesoek

Die Jeffreysbaai-belastingbetalersvereniging sal volgende week nuwe persone in moontlik al vier sy ampte moet kies. Die huidige voorsitter, tesourier en sekretaris, is nie weer beskikbaar nie en die onder-voorsitter moontlik ook nie. Hulle is:
  • Dr Barry Vosloo, voorsitter van die vereniging. Hy het ietwat meer as twee jaar op die komitee gedien en was die afgelope agt maande voorsitter.
  • Johan Thiart, die tesourier. Hy tree ná 14 jaar diens aan die vereniging uit. In dié tyd was hy voorsitter, sekretaris en tesourier.
  • Japie Bosch, die sekretaris. Hy was ‘n komiteelid vir een jaar en sekretaris sedert Julie 2010.
  • Dennis Richmond, die onder-voorsitter. Sy posisie is nie duidelik nie. Hy het aangedui dat hy moontlik tot die aktiewe politiek gaan toetree.
Eersgenoemde drie tree om persoonlike redes uit.

Dié ampte sal gevul word tydens die vereniging se algemene jaarvergadering op 22 Februarie 2011 by die Jeffreysbaaise tennisklub gehou. Dit begin om 18:00.

Nog ‘n lid van die bestuurskomitee, Pollie Marx, is ook nie herverkiesbaar nie.

Die volgende lede is herverkiesbaar: Jakkie Pieters en Gustav Barnard. Nie een van hulle is as voorsitter beskikbaar nie.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.