Thursday 19 August 2010

Gerrie Botes sterf

Gerrie Botes
Die Jeffreysbaai-belastingbetalersvereniging betreur die afsterwe van Gerrie Botes, ‘n voormalige sekretaris.

Gerrie is gister met ‘n koeëlwond dood in sy motorhuis gevind. Geen misdaad word vermoed nie.

Sowat twee maande gelede het Gerrie as sekretaris bedank om hom in die aktiewe politiek te vestig. Kort daarna het die vereniging die volgende brief aan hom geskryf:

"Beste Gerrie

Die bestuur van die belastingbetalersvereniging het op 21 Julie 2010 by sy maandvergadering met spyt van jou bedanking kennis geneem.

Terselfdertyd het die bestuur sy dank aan jou uitgespreek vir jou diens as ‘n lid en as sekretaris. In die besonder word jy bedank dat die vereniging deurentyd op jou finansiële kundigheid kon staatmaak. Daarsonder sou Jeffreysbaai en die Kouga Munisipaliteit, letterlik en figuurlik, armer gewees het. Jy het voorwaar ‘n standaard aan die vereniging voorgehou wat nie maklik geëwenaar sal word nie.

Die bestuur wens jou die beste toe vir die toekoms. Mag jou politieke kandidatuur suksesvol wees en so ook jou voornemende politieke loopbaan.

Wees verseker dat jy altyd as ‘n vriend van die vereniging geag sal word."
  • Die vereniging simpatiseer met sy familie.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.