Friday 20 August 2010

7 ure vir 'n 30 minute-takie

Anoniem het die volgende in "Sê u Sê" op hierdie blog geskryf:

Vir bykans twee jaar wik en weeg ek om die situasie wat ek hieronder gaan beskryf aan die "groot klok" te hang.

Hier in Kabeljous is twee openbare toiletgeboue wat baie verouderd en in 'n werklike vieslike stadium van verval is.

Albei toilette se vloeroppervlakte is ongeveer 12 vierkante meter elk. Die twee toilette word 7 dae per week deur 'n munisipale "werker" (een "werker" elk per toilet) skoongemaak. Die skoonmaaktakie kan maksimum 30 minute se produktiwiteit verg.

Die "werkers" word daagliks om ongeveer 08:30 daar afgelaai en smiddae om 15:30 weer opgelaai. Die toilette word om 15:30 gesluit.

Die vraag wat onstaan en wat my bloed laat kook is "wat doen die "werker" die res van die dag"?

Wel, sit in die son, dit is wat waargeneem is en wat gebeur.

Kan ons as belastingbetalers toelaat dat hierdie toedrag van sake so aangaan en wat kan ons daaraan doen?

Ek is seker dat die situasie nie uniek aan Kabeljous is nie,maar dat dit die tendens in die res van die Kouga is.

Komaan mense, kom ons kry die Kouga Munisipaliteit voor stok want dit is immers ons wat vir die sonsitters betaal!
  • Die vereniging sal dié berig na die munisipale bestuurder verwys vir sy reaksie.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.