Friday 9 July 2010

Wit wasgoed en bruin water

Esme Nel, het in die plaaslike advertensieblad, Think Local, figuurlik gesproke 'n vrag vrot uie aan die munisipaliteit gestuur oor die gehalte van die water in die dorp. Sy skryf: "In die net meer as twee jaar wat ons hier bly, was ek my wasgoed (en) skottelgoed 95 persent van die tyd in modderwater. My wit wasgoed bly bruin. Water spaar? Nee, als moet oor en oor gewas word. Ek is rasend".

Sy het die volgende antwoord gekry: "Die water is veilig om te drink, maar word soms bruin as gevolg van die hoë ysterinhoud van ons boorgatwater. Die munisipaliteit waardeer me Nel se pogings om water te bespaar en moedig ander aan om haar voorbeeld te volg. -- Kouga munisipaliteit".
  •  Water drink?  Water spaar?  Me Nel kla oor haar wit wasgoed wat bruin bly! Eers kry die munisipaliteit vrot uie vir dienslewering en nou 0/10 vir lees.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.