Friday 2 July 2010

Flater: Belasting honderdvoudig verminder

Wat ‘n yslike flater!

Volgens ‘n amptelike koerantadvertensie gaan eiendomseienaars in Kouga honderdvoudig minder belasting betaal as wat hulle moet vir die boekjaar 2010/11 wat gister begin het.

Dié advertensie het op bladsy 13 in die Our Times van 2 Julie 2010 as “Notice No. 111/2010 verskyn. Die opskrif is: PROMULGATIONOF (sic) PROPERTY RATES FOR 2010/2011 FINANCAIL (sic) YEAR. (Klik op die advertensie links om dit te vergroot.)


Mnr Barney Barnard van Kabeljous het die fout uitgewys.
    Daarvolgens is die munisipale belasting ,0039 C/R. Anders gestel : 0,0039 sent in die rand. Dit beteken dat ‘n eiendom met ‘n waarde van R1 000 000 se belasting soos volg bereken sal word:
    • R1 000 000 minus R15 000 (in alle gevalle) = R985 000.
    • R985 000 x 0,0039c = 3 841,5c (let wel: d.i. sente) per jaar.  Dit is R38,42 per jaar of R3,20 per maand.
    Die werklike syfers moes gewees het: R3 841,50 per jaar of R320 per maand.

    Die belasting op plaaseiendomme, woongeboue uitgesluit, word as ,000978 C/R aangegee.

    Gerrie Botes, die belastingbetalersvereniging se woordvoerder oor finansies, sê: “Dit bewys opnuut hoe swak die finansiële beheer in die munisipaliteit is. Dit bewys hoe onnoukeurig en nalatig met syfers gewerk word”.

    Hy wys daarop dat as ‘n winkel ‘n item wat R50 werd is se prys as R5 aandui, is die verbruiker daarop geregtig om te eis dat hy net R5 betaal.

    “Dis ‘n lagwekkende situasie waarin die munsipaliteit homself geplaas het,” sê Gerrie.

    No comments:

    Post a Comment

    Please enter your comments here.