Tuesday 27 July 2010

Bestuursvergadering van Julie 2010: Geen Belastingweerhouding

Jeffreysbaai se belastingbetalersvereniging is nie gunste van die weerhouding van eiendombelasting aan die munisipaliteit nie.

Die vereniging se bestuur het dié besluit by sy jongste vergadering op 21 Julie 2010 geneem.

Die redes vir die besluit is:

1. Dit is ‘n onwettig aksie;
2. Die vereniging is nie in staat om die administratiewe las wat dit sal meebring, te hanteer nie, gesien die grootte van Jeffreysbaai;
3. Daar bestaan twyfel of ‘n groot deel van Jeffreysbaai se inwoners, veral die afgetredenes, hulle met so ‘n stap sal vereenselwig en
4. Die huidige dienslewering, hoewel nie na wense nie, regverdig nie so ’n stap nie.

Ander besluite van die bestuur is:
  • Bedanking van Gerrie Botes
Die komitee het met spyt van Gerrie Botes se bedanking as komiteelid kennis geneem. Hy het hom tot die aktiewe politiek gewend.

Gerrie was die afgelope paar jaar sekretaris van die vereniging. Sy kennis van finansies was van groot waarde vir die vereniging. Amptenare en politici van die munisipaliteit het deeglik kennis geneem van sy krtitiek en voorstelle. Die komitee het sy dank aan Gerrie vir sy diens uitgespreek.
  • Hersiening van die Grondwet
‘n Sub-komitee is vroeër gestig om die vereniging se grondwet te hersien. Barry Vosloo is die voorsitter. Henda Thiart en Japie Bosch is die ander lede.

Die komitee het reeds verskeie aanbevelings aan die bestuur gemaak. Vanweë die omvang hiervan is besluit dat die bestuur ‘n spesiale vergadering sal hou om die aanbevelings te oorweeg nadat dié komitee sy werk voltooi het.

Die finale aanbevelings sal in Februarie 2011 aan die algemene jaarvergadering voorgelê word.
  • Negotiations with the municipality
Regarding the above the management resolved:

1. That the association commits itself to negotiations with the Kouga Municipality that are consistent with time-honoured principles.

2. That the association will support more aggressive measures in the event of negotiations with the Kouga Municipality breaking down.
  • FEKRRA constitution
The management committee is in favour of redefining clause 6.1 of the  constitution of FEKRRA (the Federation Kouga Ratepayers' and Residents' Associations) of which our asscoations is a member.

This clause reads: “The day-to-day business of FEKRRA shall be conducted by a Management Committee (“MANCOM”) comprised of the Chairman, Vice-Chairman and the Secretary”.

The association has the view that a misinterpretation of this clause may lead to unfortunate circumstances.
  • Vestiging van ‘n Staande Komitee insake Lidmaatskap
Bostaande komitee is gestig met die doel om alle sake betreffende lidmaatskap van die vereniging te ondersoek en aanbevelings aan die bestuur te maak. Willie Eksteen is die voorsitter. Die ander lede is Japie Bosch en Ludwig Vorster.
  • Algemene Vergadering
‘n Algemene vergadering sal om 18:30 op 29 September 2010 gehou word. ‘n Kennisgewing sal aan alle lede gestuur word. Die doel van die vergadering is dat die bestuur terugvoering aan lede oor sy werksaamhede sal gee. Lede het ook die geleentheid om interaksie met die bestuur en ander lede te hê.
  • Finansiële verslag
Volgens die finansiële verslag, soos voorgelê deur Johan Thiart, die tesourier, het slegs 81 lede tot op 21 Julie 2010 hul ledegeld betaal.

Die vereniging het tans R6 126 in die bank.
  • Frekwensie van vergaderings
Die bestuur is van mening dat daar ‘n vaste reeling oor die frekwensie van bestuurvergaderings moet wees. Gevolglik is besluit dat die komitee een keer per maand sal vergader.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.