Monday 30 January 2012

Verklaring van dispute met die Kouga Munisipaliteit deur individuele.


Baie belastingbetalers en inwoners van Jeffreysbaai het nimmereindigende dispute met die Kouga Munisipaliteit. Dit betrek sake soos eiendomswaardasie, rioolverwydering, water kwaliteit, tariewe en dienste betalings, ens. In die meeste gevalle word hierdie probleme op die goeie langdradige tempo van die Munisipaliteit hateer, indien ooit. Intussen moet die belastingbetaler aanhou betaal en wag op 'n oplossing van 'n probleem wat ernstig kan wees, of wat vir hom/haar ernstig is.

'n Effektiewe algemene belasting boikot vereis die samewerking van talle duisende inwoners, van wie die meeste waarskynlik nie 'n huidige spesifieke probleem het met die KM nie. Verder, 'n algemene belasting boikot se funksie sal hoofsaaklik wees om die wanadministrasie van die KM in die algemeen mee aan te vat.

Om hierie redes het die Jeffreysbaai se Inwonersvereniging (JBIV) die volgende roete daargestel vir die hantering deur individue en inwoners met dispute. Dit is om binne die reels van die reg formeel 'n dispuut te verklaar met KM. Nadat die dispuut verklaar is, moet KM formeel reageer, dit is 'n skriftelike reaksie op u brief van hul regsdepartement. Deur die dispuut te verklaar word aksie oor  alle betalings, heffings en boetes gestop tot die dispuut uitgeklaar en opgelos is. 'n Voorbeeld is, indien u op goeie gronde glo dat u aangeslane eiendomsbelasting te hoog is, dan word die betaling van u heffing opgeskort totdat die dispuut heeltemal opgelos is.

Die JBIV het 'n ooreenkoms aangegaan met Blignault & Vennote, 'n prokureursfirma in St Francisweg, Jeffreysbaai om 'n formele brief van dispuut te stuur aan die KM namens 'n JBIV lid, waarvan die koste R80 beloop. Die inwoner verskaf hul naam, adres en details van die dispuut aan die prokureur wat dan die brief skryf en lewer aan die KM kantore. Hulle liaseer ook 'n kopie van die brief in hulle kantore. Die dispuut word ook op Mobilitate webwerf aangeteken. Die fooi van R80 sluit nie verdure regsadvies in of 'n opinie oor die meriete van die saak nie. Koste van verdere regshulp is vir die rekening van die inwoner.

Die kontakdetails vir Blignault & Vennote is as volg:
Ernie Blignault BA.LLB.(Stell)
082 550 0391   042 293 2211
Posbus 1500
Jeffreysbaai
6330

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.