Saturday 23 July 2011

Speaker se besittings opgeveil

Huishoudelike besittings van me Magdalena Dlomo, speaker van die Kouga-munisipaliteit, word eersdaags op ‘n geregtelike veiling in Humansdorp van die hand gesit.

Dit spruit ‘n eis van ene me Henriette van Niekerk.

‘n Advertensie in dié verband het Vrydag, 22 Julie 2011, op bladsy 13 in Die Burger verskyn. Daarin word vermeld dat die veiling ter uitvoering van ‘n vonnis gehou word. Dit word op 5 Augustus 2011 by die Baljukantoor, Bureaustraat 16, Humansdorp gehou.

Geen besonderhede oor die eiser of die aard van die vonnis word gegee nie. Die saaknommer is 410/11 in die landdroshof in Humansdorp. Die advertensie is geplaas deur Spangenberg-prokureurs. Interessant genoeg is die advertensie een-en-‘n-half groter as ander soorgelyke advertensies op dieselfde bladsy.

Volgens die advertensie sal die volgende opgeveil word: 6-sitplek-sitkamerstel; 2 TV-eenhede; ‘n platskerm-TV; (nog ‘n) TV; Sony-stelsel plus DVD; koffietafel, yskas; mikrogolfoond; wasmasjien; kroegstoele; eetkamertafel; DSTV; spieëltafel; kopplank; verwarmer; hoekkas; stofsuier; randsnyer en twee bedkaste.

• Volgens die Staatskoerant (nr. 33867) van Desember 2010 verdien die speaker van ‘n graad 4-munisipaliteit, soos Kouga, R363 053 per jaar plus ‘n vervoertoelaag van R121 018 per jaar. In totaal is dit R484 071 per jaar of R40 339 per maand.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.