Sunday 5 September 2010

Wat is die doel van die nuwe riooltarief?

Linda Wiese van Jeffreysbaai skryf: Soos ek dit verstaan, is die nuwe riooltarief, in die woorde van ene Trevor by die munisipaliteit, ingestel "omdat daar 'n waterskaarste is en 75% van 'n huis se waterverbruik vir riool is".

Die minimumheffing is vir 10kl per maand, ongeag of die totale verbruik minder as dit is. Derhalwe betaal ons gesin meer vir die heffing, as vir die totale 7 - 9kl wat ons per maand verbruik, ná baie moeite met besparing en herverbruik. En ons is nie die enigste wat so min gebruik nie.

My vrae is dus:

Wat is die doel van die nuwe tarief?
- Dit kan nie die watervoorraad vermeerder nie.
- Dit kan my nie oorreed om water te bespaar nie, want ek doen dit reeds en die tarief is nie gebasseer op verbruik nie.

Waarvoor gaan die geld gebruik word?
- Vir 'n ontsoutingsaanleg?
- Opgradering van die rioolsuiweringstelsel?
- Of enigiets anders wat die situasie in die toekoms kan verbeter?

Is die tarief grondwetlik?

Wat het die munisipaliteit al van sy kant gedoen om water vermorsing te keer?
Is al die openbare nstansies, veral skole al besoek, mense opgevoed en die toilette, krane en pype nagegaan vir lekke - en herstel?

Ek kan wel dankie se dat die respons op aanmelding van lekkasies baie verbeter het.

Beter kommunikasie van die munisipaliteit aangaande hierdie saak sal waardeer word. As die geld noodsaaklik is en reg bestuur en gebruik word tot voordeel van die gemeenskap, betaal ons dit graag. Totdat ons meer duidelikheid het, sal dit weerhou word.
  • Die vereniging sal die stadsraad se reaksie hierop versoek.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.