Friday 26 February 2010

Nóg 'n miskenning van die gemeenskap

Hoe kan die stadsraadslede van Kouga elk R150 000 ontvang om hul wykskomitees te laat funksioneer, maar net drie van die 10 verkose raadslede het sulke komitees?

Wat is ‘n wykskomitee?
  • Dit moet ingevolge wetgewing gestig word;
  • Elke raadslid van elke munisipaliteit moet een hê;
  • Dit moet as ‘n skakel dien tussen die gemeenskap en die munsipaliteit;
  • Dit moet die rol vervul van waghond en raadgewer oor alle munisipale aangeleenthede in die betrokke wyk;
  • Dit moet die behoeftes van wyke onder die aandag van die stadsraad bring en
  • 'n Wykskomitee bestaan uit 10 lede en mag ook subkomitees hê.
Die R150 000 wat elke raadslid nou ontvang het, moet in belang van die gemeenskap aangewend word.

Gerrie Botes, sekretaris van die belastingbetalersvereniging, sê dat daar dokumentêre bewys is dat slegs DRIE raadslede funksionele komitees het. Hulle is Nico Botha, Ben.Rheeder en Mercia Ungerer.

Die res, insluitende die wykskomitee van die uitvoerende burgemeester, is nie funksioneel nie.

“Die vraag ontstaan: “Hoe kan ‘n raadslid alleen besluit hoe daardie soort geld aangewend gaan word, terwyl dit volgens wet die funksie van ‘n komitee van die gemeenskap moet wees?” vra Botes.
  •  'n Wykomitee en 'n belastingbetalersvereniging is nie dieselfde nie.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.