Friday 19 April 2013

Boodskap van die nuwe JBIV voorsitter, Garth Ford


Geagte Inwoners en Belastingbetalers
 
Eerstens, baie dankie aan ons vorige Voorsitters, Trevor Watkins (vir die herlewing van die JBRA en veral vir die ontwikkeling van ons webwerf) en Paul Hjul (vir sy wettige kundigheid en vir die organisering van die baie suksesvolle protesoptog en daaropvolgende wetlike regsproses).
Hartlike dank ook vir die JBRA komiteelede en ander lede vir die ywerige ondersteuning van die JBRA. 
Ons twee vorige Voorsitters het vindingryk die JBRA Sekretariaat begin, wat positiewe veranderinge in die JBRA moontlik maak.  Die Sekretariaat gaan die administratiewe werklading van die JBRA bestuur.  Die Sekretariaat sal kundigheid en kennis bewaar  soos die Komitee verander van jaar tot jaar.  Die nuwe Sekretariaat is vanaf  totstandkoming absoluut onskatbaar.  Ek dank u hiervoor.
 Onthou asseblief dat die regering aan belastingbetalersverantwoordelik en aanspreeklik is , en nie anders om nie.
 Een van ons vernaamste agenda punte vir hierdie jaar (behalwe om die Kouga Munisipaliteit aanspreeklik te hou vir dienslewering) sal wees om te te monitor en te identifiseer of ons Munisipale rekening korrek is en of enige oorvordering aan die kant van die Munisipaliteit plaasgevind het.  Dit is waar ons u insette nodig het asb!

 Die Sekretariaat het 'n Excel Tabel (‘spreadsheet’)  opgestel  waar Belastingbetalers die periode en hul elektriese gebruik kan invul soos maandeliks gebruik(kliek hier om die artikel te sien of hier om die tabel te kry).  Dit neem net ‘n paar minute om te voltooi.  Die tabel sal aan u toon in watter maand en hoeveel te veel van u verhaal is of nie.    Aangesien elektrisiteiet-koste een van ons grootste uitgawes is sal die staat u van groot hulp wees veral in die toekoms met stygende tariewe.
Net van ons heel eerste lede wat die tabelle voltooi het vir ‘n tydperk van ‘n jaar is ‘n R1000 oorbetaling  van elektrisiteit geidentifiseer.
Die bedrag is insiggewend veral as dit met vele ander belasting betalers ook gebeur, ons praat dus van miloene rande wat oorverhaal word.  Dit is dus essensieel dat elkeen van ons ‘n poging aanwend om ons krag te monitor, ten einde bewyse te genereer en dit dus te gebruik om die Munisipaliteit tot verantwoording te kan roep.
 As dit suksesvol is, dan sal ons ook dieselfde doen met water en riolering  - so gee asseblief al die ondersteuning vir hierdie inisiatief so gou as moontlik!
 Dit kan van onskatbare waarde wees om deurlopend aanspreeklikheid te eis van KM te opsigte van oorheffings maar ook terselfde tyd swak dienslewering en bestuur van die Munisipaliteit bloot te lê.
Elektrisiteit gaan binnekort met sowat 8 tot 13% styg wat ons rekeninge vanselfsprekend weer gaan opjaag.  Dit is dus essensieel dat u betrokke raak by die JBRA, u inligting insleutel op die tabel en ons verwittig van oorbetalings of as u foute bespeur.
Ons dank u by voorbaat vir u ondersteuning.
  
 Een van die belangrikste kwessies wat ons hierdie jaar sal opvolg  salwees om ons rioolstorting- probleme by die hoofstrand en ander gebiede te monitor en reg te stel.
Die ernstige watersuiwering- problem in Wavecrestwat tans ondervind word en die gevolglike gesondheidsprobleme wat dit inhou sal ook dringende aandag geniet en deurlopend opgevolg en gemonitor word. Dit is ‘n uiters belangrike inisiatief en ons sal deurlopend aaan u terugvoering gee.
Hierdie en ander belangrike kwessies wat onder andere deur die DA en ander individue en instansies geopenbaar word, kry min of geen aandag van die Bestuur van die KM huidiglik nie.  Dit blyk duidelik dat die KM dink hulle is aan niemand aanspreeklik vir aspekte, bv swak dienslewering aan die gemeenskap in Jeffreysbaai, korrupsie ens nie.   Dit is natuurlik heeltemal onaanvaarbaar dat KM swak diens as die norm aanvaar en voortdurend hulle  bestuurspligte swak uitvoer en nie die Dorp se behoeftes in ag neem nie.
  Dit hou net swak gevolge in vir Jeffreysbaai!
 Alhowel dit voorkom of die KM wil hê alle belastingbetalers moet die swak situasie aanvaar en dit as normaal beskou, is dit nie wat die Belastingbetalers gaan doen nie en sal die JBRA en sy lede toesien dat dit nie voortgaan nie !
  Help ons om ‘n verskil te maak in Jeffreysbaai en raak so gou as moontlik ‘n lid van die Jeffreysbaai Inwonersvereniging.  Die lidmaatskap fooi is slegs R100 per jaar, en jy kan selfs 'n nie betalende lid wees!  Die fondse word net benut om ‘n verskil maak in Jeffreysbaai.
Dit is werklik 'n geval van  : Vele hande maak ligte werk!
Gebruik asseblief ons Blog om jou griewe in te dien of kontak my direk as jy nie 'n rekenaarhet nie of as jy nie vertroud is met rekenaars nie.
Ons sal alle insette en klagtes graag wil aanhoor ten einde Jeffreysbaai ‘n ‘Dorp van Drome ‘ te maak.   Benut asb die wonderlike kommunikasie- kanale wat in plek isen maak gebruik van hulle so veel as moontlik.
Dankie.
 Vriendelike groete
 Garth Ford

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.