Monday 6 February 2012

PERSVERKLARING - SOUTPANSBERG BELASTINGBETALERSVERENIGING


Inligting verskaf deur Bennie du Preez

TEL: 082-651-3722  / E-POSsbbv@iconnectsa.co.za
DATUM: 3 FEBRUARIE 2010
..........................................................................................................................................

Mev. Inga Gilfillan, voorsitter van die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging (SBBV), het vreugdevol en met groot dankbaarheid kennis geneem van die uitspraak van Regter Vorster vanoggend in die Noord Gauteng Hoërhof.

LANG GESKIEDENIS VAN SWAK BESTUUR EN ADMINISTRATIEWE CHAOS
Die  jarelange stryd tuseen die inwoners van Louis Trichardt en die Makhado munisipaliteit om die uiters swak bestuur, finansiele wanbestuur en administratiewe chaos van die munisipaliteit hok te slaan, het Vrydagoggend 3 Februarie 2012 tot ‘n historiese oorwinning vir swaarbelaste belastingbetalers gelei.  Die stigting van die Soutpansbergbelastingbetalersvereniging (SBBV) was juis ‘n poging om die hoogsbesoldigde munisipale amptenare te dwing om net hulle werk te doen en hulle werk reg te doen! Die aksie het nou tot die hoogtepunt beweeg.

LANG GESKIEDENIS VAN INTIMIDASIE
Vir ‘n lang tyd het die munisipaliteit gereeld op ‘n maandelikse basis lede van die SBBV se krag onwettig afgesny – bloot om lede te intimideer en om lede so te ‘dwing’ om uit die SBBV te bedank. Mev. Gilfillan het gesê alle eer aan daardie lede wat nie onttrek het nie!  Vandag staan die SBBV sterker as ooit tevore! Maar almal het geweet dat dit nie so kan aangaan nie. Vergadering na vergadering is gehou sonder dat daar ‘n oplossing gekom het. Amtpenare wat laat kom, of wat nie opdaag nie, besluite van vergaderings wat eenvoudig nie uitgevoer word nie, het tot die drastiese stap gelei. Dit alles moes die komitee verduur terwille van ‘n beter toekoms vir ons mooi dorp, Louis Trichardt.

GENOEG IS GENOEG!!
Die 24e Januarie 2012 sal onthou was as die dag waarop die SBBV besluit het dat genoeg is genoeg. Die munisipaliteit het op die dag weer begin met onwettige afsnyding van elektrisiteit van lede. Dit terwyl lede wel elektrisiteitsverbruik op hulle rekeninge betaal. Die elektrisiteitsverbruik is nie deel van die rekening wat in die trustrekening inbetaal word nie. Briewe is aan die munisipaliteit geskryf en hulle gewaarsku dat die optrede onwettig is.  Dit is op rekord gestel dat die korrekte verordeninge (bylaws) nie in plek is nie. Die munisipaliteit het die vriendelike waarskuwing weereens geïgnoreer.  60 lede se krag is afgesny.  Kragopwekkers op die SBBV se koste is aan daardie lede verskaf.  Die SBBV het toe met ‘n dringende hoogeregshof aansoek die hof versoek om die munisipaliteit opdrag te gee om die onwettige optrede onmiddelik te staak.  Regter Vorster het op Vrydagoggend 3 Februarie 2012 in die Noord Gauteng Hoërhof opdrag gegee dat die munisipaliteit onmiddelik die kragtoevoer na die lede van die SBBV sonder verwyl moet herstel. Mev. Gilfillan het gesê dat daar reeds (08:30 uur) begin is om die kragtoevoer na die lede se huise te herstel.

ONGELOOFLIKE ONDERSTEUNING
Die voorsitter van die SBBV, Mev Inga Gilfillan en die bestuurder van die SBBV, Mev Aretha Smit het hulle dank en waardering uitgespreek teenoor die inwoners van Louis Trichardt vir die wonderlike ondersteuning. Hulle het veral die komiteelede bedank vir die ongelooflike ondersteuning. Mev. Gilfillan het inwoners wat nog nie aan die SBBV behoort nie, uitgenooi om by die wenspan aan te sluit. “Hou op kla en kom neem deel. Deur die SBBV kan jy iets doen. Maak die SBBV se hande sterk met getalle en jou bydrae kan die SBBV verder versterk.” Sy het die plaaslike prokuteur Mnr. Andre Naude, Adv Dennie du Preez en Mnr. Jaap Kelder van die Nasionale Belastingbetalersvereniging bedank vir die harde werk, insette en gewilligheid om die saak te ondersteun.

Sy het inwoners uitgenooi om nou in massa by die SBBV aan te sluit. “Ons het bewys ons kan ons lede beskerm terwyl ons goeie korporatiewe bestuur bevorder”, het sy gesê. Na jare se geduld, mooi praat, en verdraagsaamheid is dit nou tyd om op te tree. Die SBBV se kantoor is by die Harcourts (kantore met genoeg aansluitingsvorms reeds in plek!

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.