Monday 24 October 2011

Wat gebeur in ons wyke na die verkiesing?

Posted on behalf of Bennie du Preez


Mnr. en Mevrou AM Johnston woon in 'n stil en netjiese straat, naamlik Alikruik 8, aanliggend tot in park, wat in aanwins vir die gemeenskap moet wees. Is dit, oordeel self. Persoonlik en teen hulle koste maak hulle tuin om die struike en bome wat daar geplant is .Hulle betaal self vir in onderneming wat gras sny om die gras te sny.

Raadslede verdien +-R20 000 en R24 000 per maand van af die Munisipaliteit, bo en behalwe hulle gewone inkomste.  Hulle is blykbaar nie bereid om ’n sent in hulle wyke terug te ploeg nie, dws om so een maal per jaar vir die gras sny te betaal nie of om vir die vul van die ergste slaggat in ons paaie te vul nie.

Die Burgemeester het die vraag op ’n onlangse Inwoners verenging vergadering gevra, hoekom het die Opposisie toe gelaat dat die Munisipaliteit Kouga in so in finansieel gemors beland het. Die selfde kan natuurlik ook gevra word van die Inwoners Verenigings van Kouga Munisipaliteit.

Die DA het op baie vergaderings en navrae altyd die selfde antwoord, naamlik hulle kan niks doen nie. Omdat hulle nie ’n beheer is nie.
Kan hulle nie die helfte van hulle Munisipale salarisse af staan om die omstandighede van hulle wyke te verbeter nie, dan hoef die Johnsons wat pensioen trekkers is nie die parke in hulle omgewing te onderhou uit hulle maandeliks pensioen nie. Het hulle nie in reg om beter behandel te word vir hulle jare lange Belasting betalings en opofferings vir Jeffreysbaai nie.

Die vraag is gaan ons die inwoners van Kouga toelaat dat die Politieke partye se Raadslede wat verkies is tot Kouga Munisipaliteit hiermee wegkom, of gaan ons hulle tot verantwoordelik roep.



No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.