Tuesday 1 February 2011

Algemene Jaarvergadering: 22 Februarie 2011

Die Jeffreysbaai-belastingbetalersvereniging hou op 22 Februarie 2011 sy algemene jaarvergadering. Dit begin om 18:00 by die Jeffreysbaaise tennisklub. Dokumentasie hieromtrent is reeds aan lede gepos.

Tydens die vergadering moet ‘n nuwe bestuur verkies word.

Daar sal ook ‘n stemming wees oor voorstelle vir wysigings aan die grondwet. Dié voorstelle, met motiverings, is ter insae beskikbaar by:
  • Die openbare biblioteek, Da Gamaweg;
  • Die BP-garage, Da Gamaweg. 
  • Dit is ook te sien deur HIER te klik. 
  • Voorts sal dit ook een uur vóór die vergadering by die tennisklub onder oë geneem kan word.

Hierbenewens sal die vergadering gevra word om aan die bestuurskomitee leiding te gee in verband met die wenslikheid van belastingweerhouding.

Die vergadering is slegs vir lede van die vereniging en persone wat voor die aanvang van die vergadering lede word. Inwoners van die dorp word aangemoedig om aan te sluit.

No comments:

Post a Comment

Please enter your comments here.