Tans is daar ‘n groot debat landwyd oor dié onderwerp.
Dis voor-die-handliggend dat die antwoord in die reg lê.
Prof Christopher Whittle, kenner van plaaslikeregeringbestuur aan die Tshwane-universiteit van Tegnologie, sê daar is geen voorsiening in munisipale wetgewing vir die onthouding van belastinggeld of vir alternatiewe regerings nie, selfs al word dienste nie gelewer nie. Al lewer inwoners ‘n diens uit noodweer, het hulle steeds ‘n burgerlike plig op dienstegeld en erfbelasting te betaal.
Gister in Rapport het ‘n ander dimensie na vore getree. (Klik HIER vir die volledige berig en besprekings.) Die strekking daarvan was soos volg:
- JY MAG NIE, want dan oortree jy ‘n wet, omdat jy’n (plaaslike) regering wat demokraties verkies is, ondermyn. (Publieke Reg.)
- JY MAG, want as iemand na jou belange moet omsien en hy nie sy verantwoordelikheid nakom nie, kan jy die geld gebruik om dit self te doen. (Privaatreg).
- Mnr Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), sê dié “waterskeidingsuitsprake” toon dat die inwoners van die 24 dorpe landwyd wat hul munisipale gelde weerhou, rustig kan slaap omdat hul optrede wettig is. Adv. Paul Hoffmann SC, direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte, sê hy stem saam dat inwoners geregtig is om munisipale geld te weerhou wanneer hulle geen dienste ontvang nie. Die NBU beroep hom op die regsbeginsel dat wanneer iemand na iemand anders se belange moet omsien en nie sy verantwoordelikheid nakom nie, die party wat te na gekom word, die geld kan gebruik om dít te doen wat die ander party nalaat om self te doen, sê Hoffmann.
- Mnr Len Dekker, ‘n kenner van munispale reg, antwoord hierop: die hofuitsprake ten gunste van belastingbetalers wat hul munisipale gelde weerhou, is gegrond in tegniese redes en nie in die verdienste van die saak nie. “In hofsake waar munisipaliteite die regte prosedures volg en belastingbetalers hul munisipale gelde weerhou, gaan belastingbetalers verloor,” waarsku Dekker.
