Monday, 15 March 2010

Mag jy of mag jy nie?

Mag jy of mag jy nie jou munisipale belasting weerhou?

Tans is daar ‘n groot debat landwyd oor dié onderwerp.

Dis voor-die-handliggend dat die antwoord in die reg lê.

Prof Christopher Whittle, kenner van plaaslikeregeringbestuur aan die Tshwane-universiteit van Tegnologie, sê daar is geen voorsiening in munisipale wetgewing vir die onthouding van belastinggeld of vir alternatiewe regerings nie, selfs al word dienste nie gelewer nie. Al lewer inwoners ‘n diens uit noodweer, het hulle steeds ‘n burgerlike plig op dienstegeld en erfbelasting te betaal.

Gister in Rapport het ‘n ander dimensie na vore getree. (Klik HIER vir die volledige berig en besprekings.) Die strekking daarvan was soos volg:
  • JY MAG NIE, want dan oortree jy ‘n wet, omdat jy’n (plaaslike) regering wat demokraties verkies is, ondermyn. (Publieke Reg.)
  • JY MAG, want as iemand na jou belange moet omsien en hy nie sy verantwoordelikheid nakom nie, kan jy die geld gebruik om dit self te doen. (Privaatreg).
Daar is onder meer soos volg berig: “Die landdroshowe in Kroonstad en Phalaborwa het die afgelope week in twee afsonderlike sake munisipaliteite verbied om die water- en elektrisiteitsvoorsiening af te sny van inwoners wat hul erfbelasting weerhou. In albei sake het die howe ook bevind dat munisipaliteite geen geregtelike stappe mag doen nie waar grondeienaars met ’n munisipaliteit in ’n geskil is. Die howe het ook beveel dat stadsrade nie die water- en kragtoevoer mag afsny van belastingbetalers wie se erfbelasting agterstallig is nie.”
  • Mnr Jaap Kelder, voorsitter van die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), sê dié “waterskeidingsuitsprake” toon dat die inwoners van die 24 dorpe landwyd wat hul munisipale gelde weerhou, rustig kan slaap omdat hul optrede wettig is. Adv. Paul Hoffmann SC, direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte, sê hy stem saam dat inwoners geregtig is om munisipale geld te weerhou wanneer hulle geen dienste ontvang nie. Die NBU beroep hom op die regsbeginsel dat wanneer iemand na iemand anders se belange moet omsien en nie sy verantwoordelikheid nakom nie, die party wat te na gekom word, die geld kan gebruik om dít te doen wat die ander party nalaat om self te doen, sê Hoffmann.
  • Mnr Len Dekker, ‘n kenner van munispale reg, antwoord hierop: die hofuitsprake ten gunste van belastingbetalers wat hul munisipale gelde weerhou, is gegrond in tegniese redes en nie in die verdienste van die saak nie. “In hofsake waar munisipaliteite die regte prosedures volg en belastingbetalers hul munisipale gelde weerhou, gaan belastingbetalers verloor,” waarsku Dekker.
Of wetgewing weerhouding toelaat of nie, hier kan ingewikkelde regsake ter sprake wees. Menings alleen hieroor sal nie die antwoord gee nie. Dit sal in ‘n hoë hof getoets moet word. Die tyd hiervoor het waarskynlik aangebreek.

Saturday, 13 March 2010

Meer beheer oor munisipale bestuurders beoog

Suid-Afrika se “Eurosentriese” Grondwet is die wortel van plaaslike owerhede se kwaad. Dit is geskik vir ontwikkelde lande waar plaaslike regerings gevorderd genoeg is om onafhanklik te funksioneer, maar nie vir Suid-Afrika nie, sê mnr. Sicelo Shiceka, minister van koöperatiewe regering.

Shiceka beoog nuwe wetgewing wat die beheer oor munisipale bestuurders op sy kop gaan draai. Een beplande nuwe maatreël is dat bestuurders by munisipaliteite sonder salaris geskors moet word weens korrupsie en bedrog. Klik hier om die berig in Beeld te lees.

Die wysigingswetsontwerp sal teen einde April gepubliseer word vir openbare kommentaar.

Thursday, 11 March 2010

Die griewe is geldig, sê adjunk-minister

Wit belastingbetalers wat hul dienstegeld uit protes teen swak dienslewering weerhou, se griewe is inderdaad geldig.

“Hul griewe is inderdaad geldig. Ons respekteer hulle en ons is jammer oor die (swak) dienslewering, maar verandering gaan nie oornag gebeur nie.

Dis niemand anders nie as mnr. Yunus Carrim, adjunkminister van koöperatiewe regerin, wat só praat.

Lees die berig in Beeld deur hier te klik.

Wednesday, 10 March 2010

Secretive Kouga council "acted against Constitution" costing us R200 000

A High Court judge found that Kouga’s procurement process did not comply with the Constitution and that the municipality had shown a “flagrant disregard” for its constitutional obligations.

Now the municipality must change its tune in awarding tenders and pay legal costs to the amount of more than R200 000.

“In my view, the conduct of the first respondent (Kouga) was not fair, not equitable, and not transparent,” Judge J Eksteen said. He found that Kouga had lulled a contractor into a false sense of security with its repeated extensions and ambiguous correspondence, all the while concluding a contract with the other company.

The matter relates to the municipality's invitation for tenders for an access road in Jeffreys Bay in Janaury 2009. Although consultant firm, Aurecon, recommended a contractor for the job in its tender report, the municipality appointed another company.


Click here to read the report in The Herald.

Tuesday, 9 March 2010

If corruption and incompetency persist ...

"What Shiceka (Minister of Co-operative Governance and Traditional Affairs) should know by now is that the ratepayers’ associations will grow and prosper while corruption, incompetent cadres and lack of capacity persist in the local sphere of government. The poor, who do not pay rates, will continue to torch tyres, barricade roads with boulders and incinerate infrastructure until they are the recipients of proper service delivery.
The remedy begins with good human resource management."

These are the words of Paul Hoffman of the Institute for Accountability in Southern Africa in an article in Business Day on 8 March 2010.

Read the full, most interesting, article by clicking here.

Sunday, 7 March 2010

Residents in last ditch bid to stop nuclear plant

The red dot indicates the location of Thyspunt.
A bit more than 26km (as the crow flies) from Jeffreys Bay is Thyspunt. It is here where Eskom has a nuclear reactor of  “well over R100-billion” in mind to secure the country’s power reserves until well beyond 2025.

Residents of Jeffreys Bay should take note of this proposed development and the reaction of residents in that area .  A report in this regard was published in The Weekend Post of 6 March 2010. Click here to read.

Friday, 5 March 2010

Corruption is the cause

Corruption in local governments was the root cause of poor service delivery, the SA Municipal Workers' Union (Samwu) said on Friday (5 March 2010).

Speaking at the union's annual NEC meeting in Johannesburg, general secretary Mthandeki Nhlapo said the union would "name and shame" corrupt individuals who were more serious about enriching themselves with government contracts than with service delivery.

"We have done so in the North West, we will do so in the rest of the country," he said. -- News24
  •  We are waiting , Mr Nhlapo, to do your act in Jeffreys Bay.