Monday, 31 January 2011

Geen verdraagsaamheid teen korrupsie, sê Manuel

Onderstaande teregwysing geld vir die Kouga-munisipaliteit ook.

Die ANC tree op asof hy vergeet het hoekom hy die land regeer, het mnr. Trevor Manuel, minister van nasionale beplanning, gister gesê.

Hy het ANC-lede en die regering aangespoor om geen verdraagsaamheid jeens korrupsie te toon nie, berig Sapa via Beeld.


“Ons kan nie toelaat dat mense net doen wat hulle wil nie?... Ons moenie skouers optrek oor korrupsie nie; dit is verkeerd, dit is om die armes te beroof,” het Manuel op die gedenkdiens vir die struggle-veteraan mnr. Johnny Issel in Crosby, Johannesburg, gesê.

Me. Jessie Duarte, gewese hoof van operasies in die presidensie, het ook ’n beroep op ANC-lede gedoen om dié party se “gloriedae” te laat herleef.

“Die tyd het gekom om te verstaan dat ons nie mense kan marginaliseer en dan verwag hulle moenie reageer nie.

“Dit is tyd om terug te gaan na die mense op voetsoolvlak en vas te stel wat hul probleme is,” het sy gesê.

Sunday, 16 January 2011

Munisipale verkiesing kan erg misbruik word

Pretoria. - Die komende munisipale verkiesing kan plaaslike owerhede se begrotingsproses en geldsake lelik deurmekaar krap.

Dít blyk uit ’n omsendbrief waarin die nasionale tesourie munisipaliteite onder meer waarsku teen onrealisties lae tariewe en beloftes van reusekapitaalbesteding wat daarop gemik is om stemme te werf, berig Sake24.

Die tesourie maan dat die proses van openbare deelname ten opsigte van die begroting deur politici misbruik kan word om stemme te werf.

Die munisipale verkiesing moet tussen 2 Maart en 2 Junie gehou word, maar die presiese datum is nog nie bekend gemaak nie.

Munisipaliteite landwyd is egter in die eerste helfte van die kalenderjaar druk besig met hul begrotingsproses, binne ’n streng wetlik voorgeskrewe tydraamwerk.

Normaalweg word die konsepbegroting teen 31 Maart in die raad ter tafel gelê, waarna ’n openbare konsultasieproses begin, alvorens dit in Mei oorweeg en goedgekeur word.

Volgens wet moet alle rade hul begroting voor 30 Junie goedkeur sodat hulle die nuwe boekjaar, wat op 1 Julie begin, met ’n goedgekeurde begroting binnegaan. Die tesourie waarsku dat dié proses deur die verkiesing ontwrig kan word.


Munisipaliteite mag net aan die begin van die boekjaar tariewe aanpas. As die nuwe begroting nie voor 1 Julie goedgekeur is nie, verbeur hulle dié geleentheid en bly die ou tariewe geld. Dit kan tot ’n onmiddellike finansiële krisis en bestuurs­oorname deur die provin­siale regering lei.

Afhangende van die verkiesingsdatum kan daar dalk genoeg tyd wees vir die nuut verkose raad om hom te organiseer om die konsepbegroting voor die einde van Junie te oorweeg en goed te keur, sê die tesourie. Die gevaar is egter dat die nuwe raad dan daaraan wil verander en ’n klug maak van die konsultasieproses wat dan reeds agter die rug is.

Onverwagse gebeure, soos ’n vertraging met die uitslae of ’n hofgeveg oor die uitslae, kan lei tot vertragings, wat die raad sonder ’n begroting in die nuwe boekjaar laat.

Veral distriksmunisipaliteite, wat langer neem om ná ’n verkiesings saamgestel te word as plaas­like munisipaliteite, moenie dié kans vat nie, waarsku die tesourie.

Rade moet ook nie dink hulle kan ’n onrealistiese begroting opstel in ’n poging om stemme in te palm en dit vroeg in die nuwe boekjaar verander nie. ’n Aangepaste begroting mag eers ná ses maande, dus ná 1 Januarie volgende jaar, goed­gekeur word en die omvang van veranderinge is beperk.

Die tesourie beveel aan dat die uittredende raad die begroting voor einde April goedkeur en sê slegs waar plaaslike omstandighede dit verg, kan uittredende rade die begroting voorberei, maar dit vir die nuwe raad laat om dit goed te keur. Dit moet dan vroeg in Maart ter tafel gelê word, met konsultasie in die res van Maart en April. Amptenare moet dan die tegniese werk aan die begroting afhandel sodat die nuwe raad die begroting teen 1 Junie kan oorweeg.

Dr. Ernie Jacobson, burgemeesterskomiteelid vir finansies in Tshwane, sê dié raad oorweeg nog die tesourie se voorstelle. Dit sal egter moeilik wees om die begroting vroeër goed te keur, aangesien die insluiting van die plaaslike owerhede van Kungwini en Nokeng tsa Taemane en die Metsweding-distriksmunisipaliteit van ná die verkiesing die proses kompliseer.

Kaapstad het besluit om sy konsepbegroting op 23 Februarie ter tafel te lê en dat die uittredende raad dit op 11 Mei moet goedkeur. Dié raad grond sy beplanning op ’n moontlike verkiesingsdatum van 18 Mei. Volgens me. Kylie Hatton, woordvoerder, gaan die konsultasie in Februarie en Maart plaasvind om te voorkom dat dit saamval met die openbare vakansiedae in April.

Mnr. Koos Vorster, lid van die finansiële komitee van die New­castle-munisipaliteit, sê in die verlede het een party nie altyd ’n volstrekte meerderheid in die ver- kiesing behaal nie. Omdat die samestelling van ’n koalisie die samestelling van die nuwe raad kan vertraag, het die huidige raad besluit om nie kanse te waag nie en die begroting vroegtydig goed te keur.

Friday, 7 January 2011

Vreemde verskynsel: 'n junior amptenaar repudieer 'n senior politikus

Onderstaande is deur die vereniging aan die Our Times voorsien. 
Dit het op 6 Januarie 2011 verskyn.

Dis ‘n vreemde verskynsel dat die woordvoerder van die Kouga-munisipaliteit, Laura-Leigh Randall, ‘n LUR van die Oos-Kaap repudieer, sê dr Barry Vosloo, die voorsitter van die Jeffreysbaai-belastingbetalersvereniging.

Hy het verwys na sy onlangse kritiek toe mnr Robbie Dennis, die uitvoerende burgemeester, en me Magdalene Dlomo, die speaker, laat by ‘n vergadering van mnr Sicelo Gqobana, die vorige Oos-Kaapse Minister van Plaaslike Regering en Tradisionele Sake, in Humansdorp opgedaag het. Dr Eddie Rankwana, die munisipale bestuurder en mnr Ridwaan Abdullah, die hoofffinasiële beampte, het nie opgedaag nie.

Tydens die vergadering het Gqobana daarop gewys dat hy en 12 van sy senior ampternare van Bisho af gery om ‘n vergadering met belastingbetaler- en inwonersverenigings, raadslede en amptenare van Kouga in Humansdorp by te woon. Hy is met ‘n teleurstelling begroet.

‘n Dag ná die vergadering het die vereniging op sy blog berig dat Gqobana soos volg gereageer het: “Hierdie vergadering was geskeduleer. Ek en my top-amptenare het ‘n dag afgeneem om hier te wees. Die munisipale bestuurder en die hooffinansiële beampte moes hier gewees het. Die burgemeester moes hulle so beveel het. Per slot van sake is hy die uitvoerende burgemeester. Dit is ‘n ernstige belediging wat ek vandag ervaar het. Dit het nog nooit tevore gebeur dat ‘n munisipale bestuurder nie opdaag by ‘n vergadering van hierdie aard nie. Ons sal verder hieraan aandag gee.”

Nou het Randall verklaar dat die belastingbetalersvereniging “duidelik nie bewus was van die aanloop tot die vergadering nie.” Volgens haar die munisipaliteit die uitnodiging slegs die vorige dag ontvang. Dis 'n vreemde stelling aangesien alle ander rolspelers 'n week vantevore deur die LUR van die vergadering op 27 November in kennis gestel is. Die amptenare het toe reeds ander afsprake gehad wat nie geherskuduleer kon word nie, sê sy in ‘n onlangs berig indie Our Times.

Dennis het ná sy aankoms by die vergadering ook dié verskoning voorgehou.

Vosloo wys daarop dat dit Gqobana erg ontstig het. Laasgenoemde het Dennis se redes as “disrespekvol” bestempel.

“Dis duidelik dat die munsipaliteit ‘n wanindruk oor hierdie saak na buite skep om hulself ‘n verleentheid te spaar,” sê Vosloo.

Thursday, 6 January 2011

Beoogde grondwet-wysigings, 2011

Die bestuurskomitee van die vereniging het op 21 Oktober 2010 verskeie wysigings aan die grondwet oorweeg en goedgekeur. Die doel van die wysigings is om die grondwet meer vaartbelyn te maak.

Hierdie wysigings sal in Februarie 2011 aan die Algemene Jaarvergadering vir oorweging voorgelê word.

Klik HIER om die beoogde wysigings onder oë te neem.

Alle voorgestelde wysigings word deur motiverings ondersteun.

Hierdie dokument is ter insae ook beskikbaar by:

1. Die openbare biblioteek, Da Gamaweg, Jeffreysbaai (vra vir Clarissa);
2. Die BP-garage, Da Gamaweg, Jeffreysbaa (vra vir Pollie Marx).

Wednesday, 5 January 2011

Verkopers, wees versigtig vir kommissie-eise

Onderstaande hou nie met 'n munisipale saak verband nie. 
Dit word geplaas, omdat dit in huiseienaars se belang is.

Jy verkoop jou eiendom aan 'n koper wat direk by jou uitkom. Die koper verseker jou dat daar nie 'n agent betrokke was om die eiendom aan hom bekend te maak nie en dat jy dus geen kommissie op die transaksie gaan betaal nie.

So 'n besparing in kommissie beteken dus meer in jou sak as verkoper en dalk 'n beter prys vir die koper wanneer die finale prys tussen julle onderhandel is. Hou maar net in gedagte dat die koper dalk wel deur 'n agent by jou uitgekom het. Indien die agent hierna kan aantoon dat hy wel die effektiewe oorsaak van die transaksie was en geregtig is op kommissie, gaan jy as verkoper moet opdok.

Dit is presies wat gebeur het in 'n saak wat onlangs in die Hoë Hof gedien het. Die verkoper is gedagvaar vir die betaling van agentekommissie in die bedrag van R131 056 plus regskostes. Die hof het met die agent saam- gestem en die eis teen die verkoper is toegestaan.

Daar is wel 'n mate van beskerming beskikbaar vir die verkoper indien die koopkontrak behoorlik opgestel is.

In so 'n geval moet die koopooreenkoms die volgende bykomende klousules bevat:
1. 'n Uitdruklike bevestiging deur die partye dat hulle direk bymekaar uitgekom en onderhandel het; sonder dat 'n eiendomsagent enigsins by die transaksie betrokke was;
2. 'n Vrywaring deur die koper vir die verhaling van enige onvoorsiene kommissie wat van die verkoper geëis word.

In hierdie betrokke geval het die verkoper wel die beskerming van hierdie bykomende klousules in die koopooreenkoms geniet. Die verkoper het op sy beurt weer teen die koper vonnis verkry vir die verhaling van al sy verliese.  Uit: LawDotNews van Du Toit Strömbeck Prokureurs

Sunday, 2 January 2011

Waarom hou raadslede nie openbare vergaderings nie?

Hy wil weet waarom raadslede van die munisipale wyke in Jeffreysbaai nooit openbare vergaderings hou om verslag aan inwoners te doen nie, het Japie Bosch, sekretaris van die Jeffreysbaai-belastingbetalersvereniging, by ‘n vergadering wat vir vakansiegangers met eiendom in Jeffreysbaai gehou is, gevra, berig die Our Times.

Bosch het gesê dat in die amper drie jaar wat hy hier woon, het hy nog nie van so ‘n vergadering gehoor nie.  Hy is van mening dat raadslede behoort:

·     Terugvoering te gee oor hul werk en wat in die munisipaliteit gebeur;
·      Inwoners te vertel wat hulle reggekry het in hul wyke;
·      Vertolkings te gee om besluite van die munisipaliteit en
·      Hoe besluite inwoners gaan raak.

Raadslid Nico Botha se antwoord was dat raadslede aan ‘n “kode” verbind is oor wat hulle mag sê.  Voorts het hy gesê dat die munisipaliteit van tyd tot tyd inligtingsvergaderings hou.  Volgens hom en raadslid Mercia Ungerer versprei hulle soms nuusbriewe.

Bosch het ná die vergadering aan die Our Times gesê dat die raadslede nie sy vraag beantwoord het nie. 

“Landwyd het raadslede verslagvergaderings vir hul kiesers.  Hoekom nie hier nie?  Wat is die ‘kode’ waarvan dr. Botha praat?  Daar is g’n kode wat raadslede verbied om met die kiesers te praat nie.

“Dr Botha behoort ook nie vergaderings wat die munisipaliteit reël met verslagvergaderings van raadslede te verwar nie. 

“Die enkele nuusbriewe wat ek per epos gekry het, was karig.  Wat is die nut van ‘n raadslid as hy nie aan sy kiesers verslag doen en hulle die geleentheid gee om hom vrae te vra nie?” wil Bosch weet.

Monday, 27 December 2010

An overview of the activities of the association in 2010

 Dr Barry Vosloo, voorsitter van die vereniging, 
neem 2010 in oënskou

Inleidend:  In 2006 het die JBV ‘n SWOT-analise onderneem om te bepaal hoe hy georganiseer moet word om meer doelmatig na die belange van sy lede om te sien. Dié ontleding het bepaalde leemtes uitgewys. In hierdie voorlegging probeer ek aantoon in welke mate die vereniging  vanjaar daarin geslaag het om die tekortkominge aan te spreek.

Die werklas van die voorsitter en sekretaris is buitensporig en die bestuurskomiteelede het nie spesifieke pligte en verantwoordelikhede nie.

Die buitensporige werklas van die voorsitter en sekretaris was ‘n bron van kommer. Ten einde die werklas beter te versprei, het die bestuurskomitee  vanjaar verskeie kundige persone gekoöpteer om die verantwoordelikheid vir bepaalde funksies te aanvaar.

Ek herinner u daaraan dat hulle hierdie gemeenskapsdiens vrywillig verrig. Alles wat hulle in JBV-verband doen, doen hulle in hulle vrye tyd en op eie onkoste. Ek begin by die “ou” hande. Ek is die voorsitter en Dennis Richmond, die ondervoorsitter. Soos ek, is Dennis is ‘n oud-onderwysman. Hy bedryf tans twee suksesvolle sake-ondernemings op die dorp. Japie Bosch, die sekretaris, is ‘n oud-joernalis en was vroeër in diens van die voormalige Johannesburgse dagblad, Die Vaderland. Hy was later die hoofuitvoerende beampte van die Institute of Municipal Finance Officers (IMFO). Japie wend sy joernalistieke vaardighede aan om ons blog te bedryf. Wat Johan Thiart, ons tesourier, al van munisipale geldsake vergeet het, moet die jong Turke nog leer. 

Die gekoöpteerde lede van die bestuurskomitee is soos volg:
·   Pollie Marx is ‘n voormalige stadsraadslid en kerkorrelis van Barberton. Hy is tans ‘n suksesvolle sakeman op ons dorp. Vanweë sy spesifieke belangstellings hou Pollie vir ons ‘n ogie oor dorpsbeplanning en omgewingsake.
·  Jakkie Pieters is ‘n projek- en programbestuurder van beroep en die voorsitter van die Oos-Kaapse Vereniging vir Fisiekgestemdes. Hy is verantwoordelik vir ledewerwing en -administrasie.  
·  Gustav Barnard hou namens die vereniging ‘n valkoog oor die munisipale finansies. Hy is ‘n geoktooieerde rekenmeester van nering, beskik oor ‘n MBA-graad en MA- en doktorsgrade in die filosofie. Sy akademiese kwalifikasies en ondervinding verleen aan hom die veelsydigheid wat sy JBV-verpligtinge van hom vereis.
·  Dot Coppaert is onlangs gekoöpteer en hanteer lede se klagtes oor munisipale dienslewering. Sy het voorheen in dieselfde hoedanigheid in die belastingbetalersvereniging van Mogalestad gedien.
·  Ons is tans besig om Vivienne Bojé en Ryno du Preez na die bestuurskomitee te koöpteer. Vivian is ‘n dinamiese persoon en voormalige boervrou wat verantwoordelikheid sal aanvaar vir openbare skakeling en geldinsameling. Ryno, die eienaar van ‘n suksevolle plaaslike loodgietersonderneming, sal, namens die vereniging, ‘n ogie oor die munisipaliteit se tegniese aktiwiteite hou.

 Die JBV het nie ‘n omskrewe visie en missie nie. Een van die eerste take wat die bestuurskomitee vanjaar onderneem het was om die grondwet onder die loep te neem, o.a. met betrekking tot die visie en missie van die vereniging.

The association does not have a strategic plan. Strategic planning is defined as the process of identifying an organization's future course and then determining the best approach for achieving those goals and objectives. All strategic planning deals with at least three key elements, i.e. what do we do, for whom do we do it, and how do we do it? The JBRPA constitution clearly spells out what we do and for whom we do it. In addition, we have recently approved a number of how-do-we-do-its, viz. how to deal with members’ complaints; how to co-opt persons with specific skills to the management committee; how to approach officials of the Kouga Municipality; how to respond to calls for a rates boycott. These issues have been recorded as policy decisions. A pressing how-do-we-do-it that is presently receiving urgent attention is how to increase our membership.

The local authority views the JBRPA as elitist and confrontational. Over the past few years the JBRPA has deliberately moved away from a confrontational approach and has assumed a more conciliatory style in dealing with the municipality, confident in our belief that it is possible to be assertive without being abrasive.

For example, the JBRPA is on record that, for various reasons, it does not support a rates boycott by its members. The association has also shown that it is happy to acknowledge the good things done by the municipality.

However, the association has also pointed out that it will support more aggressive measures if matters take a turn for the worst.

Die JBV geniet beperkte blootstelling in die media en elders. Blootstelling in die plaaslike media was weliswaar tot onlangs ietwat skraps. Nadat die JBV egter deur ‘n Our Times-joernalis uitgenooi is om deur sy bemiddeling berigte in sy koerant te plaas, het hierdie toedrag van sake aansienlik verbeter. Hierbenewens het ons sekretaris, Japie Bosch, hierdie blog aangelê wat kommunikasie met ons lede verbeter het. 
The JBRPA is constrained by negative community perceptions and dwindling membership. Increased coverage in the local media and the blog should help to improve negative community perceptions about the JBRPA. Diminishing membership remains a problem that we will need to address urgently. Hopefully the newly-constituted standing committee on membership will produce a solution.

Die vereniging beskik nie oor voldoende geld om sy aktiwiteite te finansier nie. Ons maak op Vivienne (openbare skakeling en fondsinsameling ) staat om voortaan in hierdie verband leiding te gee.

In closing: The JBRPA is confident that it has developed a feasible structure to address the deficiencies pinpointed by the SWOT analysis. We shall have to work hard next year to ensure that our plans come to fruition.